- Home
- diskontobooks
- Age 10 - 13
diskontobooks
Spring
R 190.00
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marc...
Sprokies met Lesse: Die Meisie wat Wolf geskree het! 'n Storie oor die waarheid vertel
Soft Cover
Sprokies met Lesse: Die Meisie wat Wolf geskree het! 'n Storie oor die waarheid vertel
R 130.00
Nog 'n opwindende titel in die gewilde reeks sprokies met lesse. Prinses Arabella is verveeld en vertel leuens om haar dae prettiger te maak. Maar dan bring al haar leuens haar in die moeilikheid, en wie gaan haar nou help? Gebruik hierdie verwerking van 'n bekende sprokie en leer kinders hoe belangrik dit is om die waarheid te vertel.
Sprokies met Lesse: Glimlag vir ons Aspoestertjie! 'n Storie oor tande borsel
R 60.00
In hierdie oorspronklike weergawe van ’n bekende sprokie, steel Aspoestertjie die prins se hart met haar pragtige glimlag. Kinders leer hoekom dit belangrik is om elke dag tande te borsel met behulp van hierdie skreeusnaakse storie. Die reeks van vier titels, elk ’n eie weergawe van ’n bekende sprokie, sluit telkens ’n boodskap oor gesonde gewo...
Sprokies met Lesse: Slaap, Doringrosie, Slaap! 'n Storie oor Slaap
R 60.00
Doringrosie hou niks daarvan om te slaap nie. Die min slaap maak haar lomp en nukkerig. Sal sy ooit eendag genoeg rus kry? Hierdie skreeusnaakse storie oor 'n koppige, vaak prinses wys hoe belangrik dit is om genoeg te slaap.
Sprokies met Lesse: Sneeuwitjie en Kwaaitjie die Dwerg! 'n Storie oor Woedebestuur
Soft Cover
Sprokies met Lesse: Sneeuwitjie en Kwaaitjie die Dwerg! 'n Storie oor Woedebestuur
R 100.00
Die sewe dwergies help Sneeuwitjie om vir die bose koningin weg te kruip. Maar Kwaaitjie die dwerg is nie so vriendelik soos die ander nie. Kan Sneeuwitjie hom help om nie so gou kwaad te word nie? Leer in hierdie skreeusnaakse storie oor die knorrige dwerg, hoe belangrik dit is om nie altyd oor alles kwaad te raak nie.
Sprokies met Lesse: Wie's sleg en wie's goed, rooikappie? 'n Storie oor oppas vir vreemdelinge
Soft Cover
Sprokies met Lesse: Wie's sleg en wie's goed, rooikappie? 'n Storie oor oppas vir vreemdelinge
R 60.00
Nog 'n opwindende titel in die gewilde reeks sprokies met lesse. Rooikappie gaan by haar ouma kuier en haar ma waarsku haar om nie met vreemdelinge te praat nie. Maar hoe moet sy weet wie's sleg en wie's goed? Gebruik hierdie verwerking van 'n bekende sprokie en leer kinders hoe belangrik dit is om vreemdelinge nie sommer te vertrou nie.
Stalmaats 21: Tweede kans
R 70.00
Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks! Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat 'n nuwe ryskool op die dorp oopmaak. Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas en hy probeer almal ompraat om Hoefslae 'n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die D...
Stalmaats Omnibus 1
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans!Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by ha...
Stalmaats Omnibus 2
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...
Stalmaats Omnibus 3
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jon...
Stalmaats Omnibus 4
R 290.00
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor...
Stalmaats: Afskeidsrit
R 70.00
Daar le 'n besige tyd vir Anri en die ander Stalmaats voor. Dit is amper die einde van die jaar en die eksamen is om die draai. By die ryskool reel oom Dewald en tannie Maja 'n spesiale afskeidsrit en Anri-hulle besluit om iemand te verras. Boonop moet hulle help om 'n spesiale "akteur" vir haar boetie se kleuterskoolkonsert af te rig. Maar dan ...
Stalmaats: Anri se Plan
R 70.00
Anri en haar twee Stalmaats-vriende, Karen en Megan, hou baie van die Peace Shelter-kinders wat die ryskool besoek. Veral Nomhle wat net so baie van perde hou soos hulle. Anri-hulle besluit om 'n lekker verrassing vir die skuilingkinders te reël. Maar dan gebeur ’n aaklige ding ... Is Nomhle regtig skuldig? Sal die drie Stalmaats betyds kan uit...
Stalmaats: Die Beroemde Ruiter
R 70.00
In die vyfde boek in die Stalmaats-reeks, is Anri-hulle baie opgewonde. Die tiener-ster Victor Brink gaan die Dagbreek-ryskool besoek om sy nuwe musiekvideo te verfilm. En dis nie al nie ... iemand gaan boonop die kans kry om saam met Victor in die video te wees! Die katterige Vinette gaan seker maak sy kry die rol!
Stalmaats: Perdediewe
R 70.00
Anri kan nie wag nie vir die langnaweek wat voorlê nie. Sy en haar gesin gaan lekker in die Kaap kuier. Hulle gaan met die kabelkar tot op Tafelberg ry, die akwarium besoek en hope pret hê. Boonop stem haar ouers in dat Jacques mag saamkom. Dit beteken hy kan self gaan kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan.Maar dan lo...
Stalmaats: Perdespeurders
R 70.00
Die laaste week van die Desembervakansie het aangebreek. Anri, Megan en Karen kan nie wag om op Karen se tannie se plaas te gaan kuier nie. Tannie Alice boer met miniatuurperde en die meisies is opgewonde om die klein perdjies te leer ken. Iets is egter nie pluis op die plaas nie. Kort voor lank hou Anri en haar maats hul lyf speurder. Maar dan...