- Home
- diskontobooks
- Aktiwiteitsboeke
diskontobooks
Tjoppie en die muskiet
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Toor met Tekeninge: Maklik Stap-vir-Stap
R 130.00
Slyp jou tekenvaardighede, bou jou selfvertroue en lê 'n stewige grondslag vir die ontluikende kunstenaar in jou met die stap-vir-stap instruksies en maklike aanwysings in Toor met Tekeninge! Hierdie boek bevat inligting oor tekenmateriaal, bobaastegnieke om te bemeester, vaardighede wat jy moet oefen en hope tekenwenke!
Towerboek, Die
R 70.00
Verstom jou gehoor met ongelooflike kulkunsies! Maak drankies wat borrel en bruis, sis en suis. Slaan jou maats se asem weg deur hulle gedagtes te lees. Maak jou eie toorsak, beursie en boek. 'n Betowerende brousel van toortoertjies en magiese manewales.
Vingervoel: Soek die Skapie
R 60.00
Ouderdom / Age: 2+ jaar/years. Soek saam met Ben die plaashond na Lika die skapie. Kinders van twee jaar en ouer kan die vat-en-voel paadjies op elke bladsy met hul vinger volg en dan die flappe oplig om ’n verrassing te vind!
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Troeteldiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike troeteldiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel-Safari Aktiwiteitsboek
R 190.00
Hierdie prettige, interaktiewe boek is vol opwindende aktiwiteite en fassinerende feite oor Afrika se voëls, van kleurryke visvangers tot majestueuse arende en pragtige flaminke. Dit is ideaal vir kinders van 7 tot 11 jaar, en sluit woordspeletjies, doolhowe, kopkrappers, blokraaisels en baie ander aktiwiteite in wat nuuskierigheid en kreatiwi...
Waar's Willie nou?
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
Waar's Willie? Die Fantastiese Reis
R 150.00
Willie gaan op reis! Hy ontmoet Towenaar Witbaard, wat omring is deur ’n spul vretende vrate. Die towenaar beveel hom om ’n verlore perkamentrol op elke nuwe plek van sy reis op te spoor. Eers wanneer hy al 12 perkamentrolle het, sal hy die waarheid oor homself ontdek. Willie se reis neem hom na die Veldslag van die Monnike, na die vlieende draa...
Waar's Willie? In Hollywood
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
Waar's Willie? Wonderwereld
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
Wat maak so: Plaasdiere
R 40.00
Watter geluid maak ’n koei? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag ’n gunsteling wees.
Wat maak so: Troeteldiere
R 40.00
Watter geluid maak ’n kat? Trek die kartonbladsye uit om die antwoord te vind en ontdek allerhande nuwe geluide. Met oulike plaasdiere en allerhande geluide om na te boots, sal hierdie raserige boek enige tyd van die dag ’n gunsteling wees.