- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks

Ena Murray: Keur 2
R 70.00
Drie van Ena se heel beste eksotiese verhale word hier byeengebring: In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . ...

Ena Murray: Omnibus 12
R 80.00
In Diena van Die Eike haal Diena se verlede haar in toe dokter Melt Fouché by haar losieshuis opdaag. In Boeie van goud wonder Charmain waarom het Quintus met haar getrou as hy haar nooit werklik sy vrou wou maak nie. En in Kaalvoet Katryntjie laat Katryn vir die grap toe dat haar voog dink sy is ’n tiener, nie ’n verpleegster van twintig nie.

Ena Murray: Omnibus 38
R 70.00
In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp. In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swier...

Ena Murray: Omnibus 39
R 70.00
In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal ’n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf ’n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag sa...

Engela Goedhart
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bew...

Engela Goedhart: Koninginby
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy pro...

Engela Goedhart: Superster
R 170.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! Engela staan uit wanneer sy 'n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkomp...

Engele om ons
R 230.00
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maar...

Engele Staar, Die
R 40.00
Nina Joubert verloor haar pos in die SAPD en sit boonop met die nadraai van ’n mislukte verhouding wat sy moet verwerk. Toe sy ’n pos as polisie-informant in Zambië aangebied word, huiwer sy g’n oomblik om dit te aanvaar nie. Op Nyati Lodge word daar klaarblyklik onwettig gesmokkel met die swartwang-parkiet, ’n uiters bedreigde spesie wat slegs...

Engele van die Bybel
R 120.00
Hoe lyk engele?' 'Wat doen hulle?' 'Het hulle name?'In Engele van die Bybel beantwoord bekende kinderboekskrywer Wendy Maartens hierdie en ander vrae oor God se engele. Sy stel kinders bekend aan spesiale engele in 18 verskillende Bybelstories soos Jakob se droom, Bileam se pratende donkie, die engel wat vir Elia kos gegee het, en die engel wat...

Engelsman in my slaai, Die
R 60.00
In die opvolg op Ek en Prins Donkerkuif trek Lehandi en haar ma trek terug Vrystaat toe na die egskeiding en haar long distance verhouding met Drayke is 'n gemors. Veral omdat die hunk Garth Johnson in hulle slaai kom krap. Boonop versuur Priscilla Vlak-Vis-van-Breda haar lewe en haar ma is so belaglik om haar aardsvyand se pa te begin date.

Enid Blyton: Beroemde Vyf (1): Vyf of 'n Skateiland
R 210.00
“Daar is iets anders daar doer in die see,daar ver by die rotse - iets donker en groot wat lykof dit elke nou en dan slingerend deur die brandersbreek - en dan weer terugval. Wat sou dit wees?”Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets o...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (2): Vyf en 'n tweede avontuur
R 210.00
Toe die vyf vriende 'n antieke kaart ontdek wat hulle na 'n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in 'n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (3): Vyf vat saam die pad
R 210.00
“Ons wil nie hê die smokkelaars moet weetdat ons hulle speletjie agtergekom het nie.Ons wil hulle probeer vastrek!”Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?Pragtige nuwe omslagkuns deu...
Erfenis van Liefde ('n Roman)

Erfenis van Liefde ('n Roman)
R 90.00
Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van ’n liefdesverhaal wat steeds ’n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het. Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, ’...

Erik en die Kido-Dinges
R 180.00
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk ...