- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Monster in my melkskommel
R 230.00
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie da...

Monster Pizza
R 170.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!

Monsterrugby
R 180.00
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank v...

Mooihoekbos 1: Boeta Is Kwaad
R 80.00
In Mooihoekbos weerklink die gegrom van 'n kwaai beertjie: Boeta se kleinsus Santie het haar ouboet se gunstelingboek per ongeluk geskeur. Boeta is regtig baie, baie kwaad! En hy besluit om haar terug te kry …

Mooihoekbos 2: Die Lang Vakansie
R 80.00
Die skool het gesluit en die vakansie het uiteindelik aangebreek. Almal sien daarna uit om weg te gaan vir die vakansie. Boeta is die enigste een wat hartseer lyk, want hy moet agterbly. Wat gaan hy doen as al sy maatjies weg is?

Mooihoekbos 3: Die Nuwe Maatjie
R 80.00
Die lang somervakansie is verby. Die kinders is baie opgewonde om terug skool toe te gaan, veral omdat daar 'n nuwe klasmaatjie is! Maar wat makeer hom? Hy is stout, trek die vreeslikste gesigte en karnuffel die kleintjies …

Mooihoekbos 4: Boeta Skrik Groot
R 80.00
Boeta wil by sy ouers wat in die bos gaan kuier het, aansluit. Maar dit raak donker en hy kan nie die pad kry nie. Kom help soek, maatjies! Boeta het verdwaal! Snoetjie die vlermuis het ’n plan! Volgende keer sal Boeta versigtiger wees, dit belowe hy!

Mooihoekbos: Klein Einas
R 80.00
Hansie die wit hasie het seergekry... Al die maatjies van Mooihoekbos kom om hom te help. Ongelukkies, saamwerk, troos en vriendskap vorm die kerm van hierdie nuwe intrige in Mooihoekbos...

Mooihoekbos: Paniek by die Piekniek!
R 80.00
Pedro die rateltjie het 'n blink plan. Kom ons gaan hou piekniek.' Hoera! Wat 'n wonderlike idee! Die maats is vrolik op bad om in Eenhoring-parkie te gaan piekniek hou, maar o wee, wat 'n gemors! Rommel le oral oor die gras gestrooi en dit verstop die ingang na 'n tonnel... Kom, ons moet die bos en sy inwoners van hierdie aaklige besoedeling red!

Mooihoekbos: Super uitstappie
R 80.00
In Mooihoekbos is almal opgewonde. Hoera! Ons gaan op 'n skooluitstappie.Kom, spring in die bus! Ons gaan Hoehoekbos toe. Boeta-hulle maak nuwe maatjies in die berge en red selfs 'n klein marmot. Kom geniet hierdie wonderlike avontuur saam met Boeta en sy nuwe maats!

Mooihoekbos: Super-Boeta
R 80.00
In Mooihoekbos is Boeta vas aan die slaap. Hy droom van 'n fantastiese avontuur... Super-Boeta roep al sy maats bymekaar. Beskermers van mooihoek-planeet, ek het skokkende nuus: Dark-Wolf wil ons bos inneem met sy soldate, die Ninja-bye.'

Mooiste Afrikaanse Sprokies
R 120.00
Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika.

Mooiste Dierefabels, Die
R 125.00
Ontdek die wyse lewenslesse wat esopus en Jean de la Fontaine se dierefabels ons leer. Die kleurvolle en humoristiese illustrasies prikkel kinders se verbeelding en behou hulle aandag.

Mooiste sprokies van Grimm
R 445.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...

Mooiste stories van Helena Lochner
R 225.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...

Moord per suurlemoen
R 60.00
'n Storie oor ’n Romanof-prinses, ’n getikte dwelmbaas en vergeefse liefde. Tweeling Bruno en Brunhilde vlug van die misdaadtoneel - hulle glo hulle het die buurvrou doodgemaak deur haar met suurlemoene te gooi. En hulle is gehelp deur hul vriend Ben en sy motorfiets met ’n syspan. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Die leser word saamgen...