- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks
Mooihoekbos: Paniek by die Piekniek!
R 80.00
Pedro die rateltjie het 'n blink plan. Kom ons gaan hou piekniek.' Hoera! Wat 'n wonderlike idee! Die maats is vrolik op bad om in Eenhoring-parkie te gaan piekniek hou, maar o wee, wat 'n gemors! Rommel le oral oor die gras gestrooi en dit verstop die ingang na 'n tonnel... Kom, ons moet die bos en sy inwoners van hierdie aaklige besoedeling red!
Mooihoekbos: Super uitstappie
R 80.00
In Mooihoekbos is almal opgewonde. Hoera! Ons gaan op 'n skooluitstappie.Kom, spring in die bus! Ons gaan Hoehoekbos toe. Boeta-hulle maak nuwe maatjies in die berge en red selfs 'n klein marmot. Kom geniet hierdie wonderlike avontuur saam met Boeta en sy nuwe maats!
Mooihoekbos: Super-Boeta
R 80.00
In Mooihoekbos is Boeta vas aan die slaap. Hy droom van 'n fantastiese avontuur... Super-Boeta roep al sy maats bymekaar. Beskermers van mooihoek-planeet, ek het skokkende nuus: Dark-Wolf wil ons bos inneem met sy soldate, die Ninja-bye.'
Mooiste Afrikaanse Sprokies
R 120.00
Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika.
Mooiste Dierefabels, Die
R 125.00
Ontdek die wyse lewenslesse wat esopus en Jean de la Fontaine se dierefabels ons leer. Die kleurvolle en humoristiese illustrasies prikkel kinders se verbeelding en behou hulle aandag.
Mooiste sprokies van Grimm
R 445.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...
Mooiste stories van Helena Lochner
R 225.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...
Moord per suurlemoen
R 60.00
'n Storie oor ’n Romanof-prinses, ’n getikte dwelmbaas en vergeefse liefde. Tweeling Bruno en Brunhilde vlug van die misdaadtoneel - hulle glo hulle het die buurvrou doodgemaak deur haar met suurlemoene te gooi. En hulle is gehelp deur hul vriend Ben en sy motorfiets met ’n syspan. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Die leser word saamgen...
More as ons groot is
R 170.00
Dramateks vir hoerskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - ...
Muishuis: 3 in 1 stel
R 400.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Die Muishuis, Sam & Julia, sien die leser gaandeweg hoe die vriendskap tussen Sam en Julia ontwikkel. Ons ontmoet ook nuwe karakters soos wat die twee muise nuwe kamers ...
Muishuis: By die Teater
R 160.00
Sam en Julia woon in die Muishuis. Sam is BAIE skaam en BAIE soet, en Julia is BAIE nuuskierig en BAIE eiewys. Maar al verskil hulle so van mekaar, is hulle beste maatjies. Toe hulle op ’n dag met albasters speel, tel hulle ’n besonderse klip op – ’n gelukbringerklip. Hulle bere dit natuurlik in hul skatkissie in hul geheime hut onder die trap. ...
My Boetie dink hy's Batman en ander Rympies
R 120.00
Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk 'n gewone dag by 'n skool vir seerowers? My boetie dra sy Batman-pak oral waar hy gaan. Hy dra dit in die dieretuin en op die ysskaatsbaan. Hy dra dit as ons TV kyk, hy dra dit as ons braai. Wat dra hy skool toe? Ja, jy't reg geraai! Saans as hy gaan...
My Eerste Afrika Avontuur
R 230.00
Die topverkoper “My first African Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans! In September 2003 het Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad gery om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met ’n fiets te toer. Hy het gedink dit sal hom ’n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 het hy teruggery Kaapstad to...
My Eerste Boek Oor Diere
R 70.00
Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as 'n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Die unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe maak hierdie reeks aktiwiteitsboeke 'n moet vir elke jong kind!
My Eerste Boek Oor Letters
R 70.00
Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as 'n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Die unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe maak hierdie reeks aktiwiteitsboeke 'n moet vir elke jong kind!
My Eerste Boek Oor Speelgoed
R 70.00
Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as 'n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Die unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe maak hierdie reeks aktiwiteitsboeke 'n moet vir elke jong kind!