- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks
My Gunsteling Storie-Bybel
R 140.00
50 Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament. Hierdie boek is vol lewendige en prettige illustrasies wat kinders aan God se Woord en Sy liefde vir hulle bekendstel. Elke Bybelverhaal het: 'n gebed om kinders te help om met God 'n band te vorm
My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek
R 140.00
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af.Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur,of gooi ‘n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleurin! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elkmet interessante feite oor plaasdiere en vol...
My hart is vol Graffiti
R 70.00
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa 'n artikel vir 'n tienertydskrif skryf. Die ...
My hart klop Muffins
R 60.00
Katrina is moeg vir vervelige mense, moeg vir ’n vervelige lewe, moeg vir haar outydse naam. Sy is Kat . . . en Kat is sexy, suave en gesofistikeerd. Net jammer haar lewe bly so gewoon en saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald, die girl met die supergroot boobs...
My Liefste Vader
R 130.00
As ouer het jy seker al ’n duisend stories gehoor oor die karakter van die goeie Koning. Nou kan Sy groot liefde vir jou kind ontdek! Die bekroonde sanger Chris Tomlin en Pat Barrett van Housefires het hande gevat om hierdie boodskap by ouers en hul kleingoed tuis te bring in. My liefste Vader. Hulle vertel die storie van ’n jong beertjie, Tuck...
My Mooiste Sprokies
R 275.00
'n Bloedrooi kappie, 'n goudgeel gifappel, drie krulsterte, 'n kat met stewels, 'n pampoen wat in 'n koets verander, 'n huis van lekkers, en sewe klein bokkies … Welkom in die wonderland van sprokies en towerkrag!
My Ouma is 'n Film-ster
R 180.00
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in die koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n filmstel kan soms 'n ge...
My Ouma is 'n Rock-ster
R 180.00
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en rits in ‘n bloedrooi sportmotor rond! Maar om die kleinseun te wees van die beroemde ouma in die land, kan partykeer gevaarlik wees…
My pappa is vol aapstreke
R 80.00
My pappa is . . . 'n BERG van 'n beer, 'n stoute krokodil, 'n draaierige, swaaierige seekat en 'n lawwe aapstert! Maar eintlik is hy net my LIEFSTE PAPPA. Hierdie pragtige prenteboek oor pa's soos gesien deur die oe van hulle kinders bring hulde aan pa's van alle soorte, waar hulle ook mag wees!
My Ruimte Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto's oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir 'n reis na die ruimte!
My Skatkis van Slaaptyd-Stories
R 180.00
Skuif nader en sit reg! Ontdek die wêreld van 'lank, lank gelede' met My skatkis van Slaaptydstories. Besoek die jong meermin se wêreld onder die see, verken die towerkasteel in Skoonlief en die Ondier en ontmoet Die gestewelde kat!
My Storie-Skatkis
R 275.00
Ken jy die oulike stories van Jabba, die wit olifantjie, die hen wat wou kraai of van Lollie en haar teddiebeer Stinkie? Nie? Slaan dan hierdie pragboek oop met van Francois Ruyer se mooiste illustrasies en geniet die oorspronklike vertellings.
My Storiekis
R 120.00
Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos ...
Nagmusiek
R 100.00
Is die grillerige stories oor Kamp Kiepersol waar? Kan party katte spoke sien? Wat doen die vreemde gedaante op stormnagte by Bitterwater se brug? Kan dit spook in ’n pophuis? Die sewe spokerige stories in hierdie boek sal jou lekker laat ril en gril!
Net aliens eet spinasie (2022)
R 175.00
'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie! Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illust...
Net nie 'n hond nie
R 160.00
Wim se verjaardag is om die draai … en hy weet presies wat hy wil hê! ’n Hond! Maar ongelukkig het sy ma en pa ander planne. Hulle reken ’n hond raas te veel, hulle mors te veel en hulle is te veel werk. So, wat gaan Wim vir sy verjaardag vra? ’n Elektriese kitaar? ’n Troetel-luislang? ’n Motorfiets? Of het hy dalk ’n ander slim plan om sy ma en...