- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks
Oulike Stories vir Peuters en Kleuters Deel 2
R 120.00
Beleef die avonture van ’n lekkerbek-wolfie en stout kuikentjies. Ry saam met jou kleinding op ’n bus met duisend pote en lag saam oor ’n groot verrassing na ’n uitstappie mark toe. Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis deur die land van oulike stories …
Ouma Hester en die Arnosterfant
R 60.00
Renosters tel, olifantmis en 'n lugskip met hittesoekende sensors en 'n meganiese slurp . . . ’n vakansie saam met ouma Hester is nooit vervelig nie! Maar wie is Wang Mang? Hoekom het hy 'n tenk vol rooi-en-wit gespikkelde vissies in sy helikopter? Wat wil hy met Thembi en Joe se mak renoster, Mafuta, maak? En wat het al hierdie dinge met ol...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Ouma Hester en die Getaway-kar (2020)
R 180.00
Zany Zack voer 'n skrikbewind by VERI HAPPI KIDZ, die videospeletjiesfabriek. Met die hulp van vier bose oumas van die Huur-'n-Ouma agentskap word kinders ontvoer en gedwing om dag en nag te werk om nuwe speletjies uit te dink. Maar gelukkig is daar ook oumas soos ouma Hester, Tian en Lisa se ouma. Haar Getaway-kar se wapens skrik vir niks en Ti...
Ouma Hester en die Superkomeet (Boek 4)
R 180.00
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaa...
Ouma Mollie en die Mensvreter
R 195.00
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blaps...
Ouma Mollie Gaan Terug Skool Toe
R 195.00
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. En nou is ouma Mollie op pad terug skool toe. Gaan sy soet wees? Of gaan sy die arme onderwysers moedeloos maak? Maar, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.
Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag
R 195.00
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie v...
Oupa se Medalje
R 100.00
Marko se oupa is die dapperste mens wat hy ken – hy het selfs ’n medalje om dit te bewys! Saam gaan hulle op allerhande avonture soos ruimtereise en wilde jagtogte – sonder om eers die huis te verlaat! Maar toe Oupa alleen op sy laaste avontuur moet gaan is dit Marko se beurt om dapper te wees. Maar Oupa het vir hom ’n baie spesiale verrassing a...
Oupa Zombie
R 220.00
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan ...
Padda Se Groot Avontuur
R 140.00
Padda is moeg daarvoor om net heeldag te sit en kwaak. Hy wil rondreis en die wêreld sien. Maar sal hy ooit weer veilig tuis kom? ’n Opwindende interaktiewe avontuur vir dapper klein reisigers met loergaatjies en ’n uitvou-verrassing aan die einde. Die boek is perfek vir peuters. Dit ontwikkel geletterdheidsvaardighede en ruimtelike woordeskat.
Paddington die Beertjie (Boek 1)
R 200.00
Hierdie is ‘n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Die oorspronklike storie van die beertjie uit Peru; Paddington in die tuin & Paddington mik na goud) ’n Naamlose beertjie uit Donker Peru beland op Paddington Stasie met slegs ’n tas, ’n halflee fles marmelade en ’n etiket wat lees: “Kyk asseblief mooi na hierdie beer.” Di...
Paddington die Beertjie (Boek 2)
R 200.00
Hierdie is ’n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal & Paddington by die dieretuin) Paddington – die beertjie uit Donker Peru – en sy vriend besoek ’n kunsuitstalling, wat Paddington daar en dan laat besluit om ook te skilder. Hy hoop dat iemand sy skilderye sal koop, ma...
Pampoenpit se Groen Gevoel
R 170.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...
Pensie Spoeg Vuur
R 75.00
Twaalf wonderbaarlike stories van drake en fee en kabouters in ’n wereld vol avonture, geillustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle. Daar is Joris, die groot draak met die sagte hart, Mommel wat vet pret het met die ridders, Pensie, die jong drakie wat moet leer om vuur te spoeg, en vele meer . . . Stefanie Dahle se lieflike, delikate illustra...
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...