- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks
Perfekte Werk vir Pappa, Die
R 80.00
Pappa se werk is so vervelig! Wat as hy ophou om na vergaderings te gaan... en eerder die Sewe See begin verken, teen drake begin veg, of in 'n vuurpyl deur die ruimte blits?
PHAROS: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
R 500.00
’n Boek vir ’n ieder en ‘n elk – of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels, iemand die leviete voorlees of knoop soos ’n matroos. Dis ’n boek vir leerders, onderwysers, ouers; vir kletskouse en langasemsprinkane wat elke dag dieselfde deuntjie sing (of skielik met ’n bek vol tande staan); vir skrywers wat sake helder voor die ...
Pieksel
R 180.00
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. O...
Pienk Bikini
R 180.00
Matriek. Die woord gee Elle ’n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverw...
Pienk is nie vir Sissies nie
R 225.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...
Pippie Langkous Omnibus: 75 Jaar
R 275.00
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippi...
Pippie Langkous-Omnibus
R 230.00
Pippie, die koddige klein heldin met die sproete en rooi vlegsels, vier haar 70ste bestaansjaar met hierdie spesiale omnibus-versameling. Pippie woon alleen in Huis Winderuis. Haar pa, die legendariese seekaptein Efraim Langkous, is iewers op 'n eiland, maar Pippie word geselskap gehou deur haar perd en apie. Pippie versin kostelike stories, maa...
Plons
R 130.00
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 8 - 10 jaar oud.
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy ʼn sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Pratende Pot, Die
R 80.00
Helena Lochner se belangstelling in stories het ontstaan na aanleiding van die verhale wat die slawenageslag op hulle familieplaas saans vertel het. Hierdie is 'n keur uit Helena Lochner se mooiste verhale, waarvan die bekendstes Ou tante Langtand, Ou mamma Kromneus, Die pratende pot, Ou meneer Springer, die Boomprinses, e.a. ingesluit word. Die...
Presies anders Boek 1: Eksperimente en eerste soene
R 185.00
Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak ding...
Presies anders Boek 2: Cupcakes en Kupido's
R 185.00
Zoya presteer nie op skool soos haar identiese tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op ’n selfie. Dis tog hoe sy Erwee du Rand se oog kan vang. Of is dit Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy in die wolke oor die kans om tyd s...
Presies anders Boek 3: Somerskool en Spoke
R 185.00
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak ...
Pret op die plaas 1: Arrie raak weg
R 40.00
Arrie is 'n nuuskierige kuiken wat vir Haan, sy pa, baie vrae vra. Maar Haan is te besig om te antwoord. Arrie gaan maak 'n draai by al die diere op die plaas en vra die een moeilike vraag op die volgende. Maar hy het nie vir Haan gesê waarheen hy gaan nie....
Pret Op Die Plaas 1: Griet Leer Swem
R 50.00
Griet is nie lus om te gaan wei nie. Dis so vervelig! Dan kry sy n blink plan: Sy gaan swem! Daar is net n klein probleempie - Griet kan nie swem nie! Maar toe val Mevrou Eend se kleinste kuikentjie in die dam en Griet spring agterna om die kuikentjie te red...
Pret Op Die Plaas 2: Arrie Raak Weg
R 50.00
Arnie is n nuuskierige kuiken wat vir Haan, sy pa, baie vra vra. Maar Haan is te besig om te antwoord. Arrie gaan maak n draai by al die diere op die plaas en vra die een moeilike vraag op die volgende. Maar hy het nie vir Haan gese waarheen hy gaan nie...