- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks
Slym se Stories
R 250.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...
Slymerigste, stinkerigeste eksperimente-boek
R 80.00
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie – slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder ’n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak ’n mummie van ’n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap ...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Sneeuman-swem
R 170.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Soene Op ’n Suzuki
R 60.00
Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As haar ma net wil besef dat sy wat Lizanne is, sal doodgaan a...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Sondag steel jy my hart
R 220.00
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar. Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar ...
Spaghetti tussen jou tone
R 180.00
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak! In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die p...
Speurder Anika Omnibus (5-in-1)
R 200.00
Kry jou vergrootglas uit! Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en ’n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is ’n uitstappie na die museum en ’n geheimsinnige veer wa...
Speurder Anika stel ondersoek in
R 120.00
Almal is in rep en roer oor die revue wat binnekort plaasvind. Maar dan begin vreemde dinge by die skool gebeur... Eers verdwyn Lynette se prinsesrok uit een van die klasse en dan raak al die monstermaskers weg. Hoe op aarde is dit moontlik? Is dit dalk waar wat party van die kinders se – dat daar ’n spook onder die verhoog bly?
Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1) nr 1
R 230.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 2 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 3 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse m...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 4 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Hierdie omnibus-uitgawe bevat nóg drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. In Die stinkstorie moet hy uitvind waarom Olga se koerante verdwyn. In Soene en sirkusse roep een van die beroemde Sirkus Zampona se jongleurssy hulp in. En in Muise en gespuise lei sy nuutste saak hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot d...
Speurhond Willem en die seerowers
R 130.00
Adriaan se ma wen 'n reis op 'n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam - versteek in Adriaan se rugsak. Toe seerowers die skip en al die passasiers naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Hy't toe nie uitgetree as Internasionale Speurhond, soos hy ons aan die einde van die eerste avontuur (Speu...
Speurhond Willem en die wilddiewe
R 150.00
Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam. Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Bosveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.