- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Tippie: Vlak R Tippie Boekstel VLAK R
R 400.00
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Leer my lees met Tippie, Vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avon...

Tippie: Vlak R Tippie doen Wiskunde Boekstel VLAK R
R 550.00
Leer speel-speel saam met Tippie die olifant en ontdek basiese wiskunde beginsels in elke boekie. Die Tippie doen wiskunde Vlak R-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippietemas. Konsepte ingesluit in hierdie reeks is,...

Tjoppie en die muskiet
R 115.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Tjoppie en die skat
R 125.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Wat kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Tjoppie en die tweeling
R 125.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Tjoppie se verjaardag
R 125.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Toe ons Jonk was ('n Roman)

Toe ons Jonk was ('n Roman)
R 90.00 R 180.00
Noah en Emily Carter was bestem om saam te wees – van hul eerste ontmoeting, hul opwindende verlowing en pragtige troue, tot by hul gelukkig-vir-ewig-en-altyd-lewe. Hul liefdesverhaal is spesiaal en hulle wil dit met die hele wêreld deel. Meer as ’n miljoen aanhangers volg hul lewe op Instagram, Facebook en Twitter sedert die dag dat Noah ten aa...

Toe ons Oneindig was
R 210.00
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot plan...

Tot Siens, Tommasino
R 30.00
Op veertienjarige ouderdom is die jong Wolfgang Amadeus Mozart op reis saam met sy pa deur Italie om daar Wolfgang se talente aan die adellike howe bekend te stel. In Florence ontmoet die wonderkind - wat tot dusver baie eensaam in al die grootmensgeselskap was - die ewe jong en talentvolle Thomas Linley, afkomstig uit Bath, Engeland. Vir die ee...

Towerboek, Die
R 70.00
Verstom jou gehoor met ongelooflike kulkunsies! Maak drankies wat borrel en bruis, sis en suis. Slaan jou maats se asem weg deur hulle gedagtes te lees. Maak jou eie toorsak, beursie en boek. 'n Betowerende brousel van toortoertjies en magiese manewales.

Towerponie en die reënboogbollie
R 130.00
’n Kleurvolle, fantastiese avontuur! Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, ’n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir … haar reënboogbollie! ’n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo ... maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kle...

Towertapyt: 32 Stories van rondom die wereld
R 100.00
In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.

Trippel die Trapsoetjies
R 90.00
Trippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie. Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat. Hy is spesiaal omdat hy anders is. Nou hou Trippel van homself net soos hy is.

Trippel maak maats
R 90.00
’n verdwaalde parkiet en ’n eensame ou apie. Saam met hulle leer hy om sy vrese en uitdagings aan te durf en dapper te wees. Hy ontdek dis lekker om vriendelik te wees en ander te help.
Trollie vol diere

Trollie vol diere
R 120.00
Inkopies saam met Mamma? Dis vervelig! Maar by die supermark ontdek Philip onverwags ’n fantastiese wonderwêreld ... Want hierdie is nie sommer ’n gewone supermark nie – en met ’n hele trollie vol diere op die inkopielys, het Philip hope pret tussen die rakke! Kinders sal versot wees daarop om nuwe dieremaats te maak in hierdie lawwe, lawaaie...

Trompie Omnibus 1 (3-in-1)
R 235.00
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se...