- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks

Uile (13) in die Gimnasium
R 180.00
Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat ’n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie – en hier mág jou wil nie ...

Uile (14) Vlieg Weer
R 180.00
Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar ná die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoërskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. M...

Uile (2) en die Rampokkers
R 150.00
Die Genootskap van die Groot Uil het nou ’n geruime tyd nie ’n sitting gehou nie … Die avonture wat vyf vriende van Kranskop in hulle graad 9-jaar ervaar het, begin net-net lyk na kinderspeletjies van die verlede toe ’n reeks geheimsinnige gebeure hulle ’n jaar later dwing om weer die Genootskap van die Groot Uil byeen te roep. Philip, Hennie, B...

Uile (3): Breuk onder die Uile
R 180.00
Die Uile is nie meer vyf nie maar vier … Toe Berrie du Toit vriende maak met Ernest Fouché, gebeur die onverwagse: Berrie breek weg van die eens hegte groep Kranskopse vriende wat hulleself die Uile noem. Hoekom is Berrie nou vriende met Ernest wat die skoolreëls oortree en so ’n bullebak is teenoor Jorsie Neethling, die kleinste Uil? Kan daar t...

Uile (4) in die Wildtuin
R 150.00
’n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in … Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansie-avonture wag vir hulle op ’n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, ’n luiperd uit ’n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe bes...

Uile (5) in die Kalahari
R 180.00
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voo...

Uile (6) in die Verlore Stad
R 180.00
Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing? Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van ’n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die...

Uile (7) langs die Limpopo
R 180.00
Tussen die bome langs die Limpoporivier wag daar allesbehalwe ’n rustige kampvakansie … ’n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgeleë boswêreld is nie net vir dié vriende aanloklik nie. Vir ’n meedoënlose smokkelbende is dit die ideal...

Uile (8) by die See
R 180.00
Hoe goed kan die vyf Uile swem? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie,...

Uile (9) in die Wapad
R 180.00
Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom? Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie ter...

Uitverkies
R 220.00
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde ...

Vakansiepret 3: Kolwyntjie Kompetisie
R 140.00
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds ...

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 150.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...

Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...

Vakansiepret Boek 2: Vlieërs en Filmsterre
R 70.00
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s’n ve...

Vasbyt Vyf: Die ontvoering
R 190.00
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré ...