- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks

Engele om ons
R 230.00
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maar...

Engele van die Bybel
R 120.00
Hoe lyk engele?' 'Wat doen hulle?' 'Het hulle name?'In Engele van die Bybel beantwoord bekende kinderboekskrywer Wendy Maartens hierdie en ander vrae oor God se engele. Sy stel kinders bekend aan spesiale engele in 18 verskillende Bybelstories soos Jakob se droom, Bileam se pratende donkie, die engel wat vir Elia kos gegee het, en die engel wat...

Engelsman in my slaai, Die
R 60.00
In die opvolg op Ek en Prins Donkerkuif trek Lehandi en haar ma trek terug Vrystaat toe na die egskeiding en haar long distance verhouding met Drayke is 'n gemors. Veral omdat die hunk Garth Johnson in hulle slaai kom krap. Boonop versuur Priscilla Vlak-Vis-van-Breda haar lewe en haar ma is so belaglik om haar aardsvyand se pa te begin date.

Enid Blyton: Beroemde Vyf (1): Vyf of 'n Skateiland
R 210.00
“Daar is iets anders daar doer in die see,daar ver by die rotse - iets donker en groot wat lykof dit elke nou en dan slingerend deur die brandersbreek - en dan weer terugval. Wat sou dit wees?”Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets o...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (2): Vyf en 'n tweede avontuur
R 210.00
Toe die vyf vriende 'n antieke kaart ontdek wat hulle na 'n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in 'n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (3): Vyf vat saam die pad
R 210.00
“Ons wil nie hê die smokkelaars moet weetdat ons hulle speletjie agtergekom het nie.Ons wil hulle probeer vastrek!”Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?Pragtige nuwe omslagkuns deu...

Erik en die Kido-Dinges
R 180.00
Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk ...

Fantasi Minileesboek: Die Mooie Santie
R 70.00
Santie is nog te jonk om geskeer te word. Sy gaan verken die wereld en ontmoet verskillende diere wat almal haar pragtige wol bewonder. Almal wil graag 'n bietjie daarvan he. Maar soos haar wol groei, groei ook haar opinie van haarself. Haar pragtige wol met ander deel? Nooit! Haar wol groei langer en langer en langer - Uiteindelik ontdek sy dat...

Fantasi Minileesboek: Dis 'n Hondelewe
R 70.00
Daar is min dinge beter as die mens se beste vriend. Maar ai, wat 'n hondelewe! Gelukkig kry elke hond sy dag!

Fantasi Minileesboek: Dit Belowe Ek Jou
R 70.00
Bruno raak op 'n pragtige blom verlief. Hulle is dolgelukkig en bly 'n lang ruk saam. Uiteindelik gaan die lente verby, en die blom vra: Vertrou jy my? Bruno se vertroue word kwaai getoets. 'n verhaal waar vertroue en liefde baie geleidelik maar diep ontwikkel.

Fantasi Minileesboek: Kuikentjie En Eendjie
R 70.00
Kuikentjie en Eendjie is beste maatjies. Op ?n dag wil hulle mammas hulle nie toelaat om saam te speel nie: Kuikentjie ruik na stowwerige strooi en Eendjie na klam hout en dan kom die hael - 'n Pragstorie van aanvaarding van ander net soos hulle is.

Fantastiese Avonture van Theo die Kat
R 60.00
Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. En as die ander katte in die moeilikheid beland, is Theo elke keer daar met 'n blink plan om hulle te red! Hierdie boek bevat drie fantastiese stories oor die avonture van ...

Fantastiese Feite oor die Aarde
R 150.00
Van die hoogste berg tot die diepste trog - en alles tuusenin! Meer as 800 feite Vollop foto's, illustrasies, kaarte en grafika Vasvrae en aktiwiteite Waar op die aarde bly keiserpikkewyne? Watter vreemde dier bly op die seebodem?

Feliks Vos Op Reis Deur Storieland 2
R 120.00
Feliks het gelukkig in Boek 1 sy klein maatjie, Matroos Muis geind nadat die soek geraak het in Storieland … maar sy geliefde skip, die Skattejag is intussen gesteel deur Kaptein Klou!

Fietsfiks in 7 Weke: Word vinnig fiks met 'n gestuktureerde program
R 50.00
Motiverende oefenprogramme help jou om jou doelwitte te bereik, hetsy vir gewigsverlies, stamina of 'n mededingende wedren; duidelike eenvoudige advies oor die keuse van 'n fiets, toerusting en klere, en wenke en tegnieke vir effektiewe en veilige fietsry; val in die pad - oefen op verskillende terreine of binnenshuis met spinprogramme; alles wa...

Flaffie
R 130.00
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier van ‘n ander planeet! Rudi en Judy baklei gedurig soos kat en hond. Hulle stem oor byna niks saam nie. Maar een aand bestel hulle per ongeluk in plaas van pizza … ‘n ruimtewese! Kort voor lank is daar groot moeilikheid …