- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks
Handskoenpop-badboek 3: Lawwe Leeu
R 150.00
Badtyd is prettyd saam met Lawwe Leeu! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
Handskoenpop-badboek 4: Boeta Beer
R 150.00
Badtyd is prettyd! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.
Harry Griesel 1: Operasie spook-redding
R 225.00
Otto woon in 'n regte spookhuis en het 'n pratende vlermuis as troeteldier. Nietemin is hy geskok om 'n Grieselgryper in sy buurman se tuin te ontdek. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en eintlik 'n baie gawe kêrel. Wanneer Otto se huisspoke ontvoer word, vertrek hulle saam op 'n avontuur om hulle te g...
Harry Griesel 2: Die spookplaag
R 240.00
Daar is 'n spookplaag in die dorp! 'n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en 'n oorlede Spaanse bulvegter wil by Otto se tante intrek. Maar drie huisspoke en 'n pratende vlermuis is klaar genoeg - Otto het beslis nie nog 'n huismaat nodig nie. Waar kom al die spoke vandaan? En hoe...
Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
R 240.00
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n...
Harry Griesel 4: Die zombie-ontvoerder
R 240.00
Otto en Emily het 'n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het 'n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vrie...
Harry Griesel 5: Die spookmonster
R 225.00
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n...
Hart van Ink
R 60.00
Dis buite donker en dynserig van die reen en die vreemdeling is skaars meer as 'n skaduwee. Meggie kan net sy bleek gesig uitmaak. Wie is hierdie vreemdeling en hoekom besluit Meggie se pa hulle moet vlug na die man hom waarsku dat 'n meedoenlose skurk op sy spoor is? Hoekom is die skurk juis agter 'n geheimsinnige boek aan? Meggie kry die antwo...
Hasie soek slaapplek: Stories uit die Eikewoud - lig die flappies
R 160.00
Diep in die Eikewoud kan Hasie glad nie slaap nie. Lig die flappies en vind uit wie haar so wakker hou.
Hasie van fluweel
R 275.00
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Rêrigw...
Hasie wat aan die slaap wou raak, Die
R 60.00
'n Slaaptydstorie gebruik gesofistikeerde sielkundige tegnieke wat ontwerp is om kinders rustig en aan die slaap te maak. Die storie oor 'n vaak hasie wat nie kan slaap nie en sy mamma wat hom na Oom Gaap neem vir raad, bevat spesiaal-gestruktureerde sinne en woordkeuses met instruksies vir ouers oor hoe om dit voor te lees en die aksies uit ...
Hasie, hoekom is jou stert so kort?
R 225.00
Hierdie verbeeldingryke stories oor die ontstaan van mense, diere en dinge is gunstelingvoorleesstories van kinders en ouers. Hierdie versameling bevat 14 verhale, byeengebring deur uitgewer Michelle Cooper. Dit sluit die San se pragtige verhaal in oor waar die sterre en Melkweg vandaan kom, hoe Hiëna sy hinkstappie gekry het, waarom die son in ...
HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek
R 180.00
Die HAT Afrikaanse Sakwoordeboek bevat sowat 30 000 Afrikaanse woorde en uitdrukkings, duisende voorbeeldsinne en -frases, meer as 300 illustrasies, sinonieme, antonieme, inligting oor die herkoms van woorde, intensiewe vorme, manlike en vroulike vorme, afkortings en terme vir Afrikaans Huistaal (graad 4-12) en Afrikaans Eerste Addisionele Taal ...
HAT Taal- en Feitegids
R 200.00
Gesaghebbende taalleiding en algemene kennis. 1 000 artikels bied antwoorde op taalprobleme, 6 000 artikels bied feite oor SA en die wereld: lande, mense, plekke, musiek, literatuur, kuns, teater, rolprente, sport en meer. 300 illustrasies. En QR-kodes om via jou selfoon nog meer te ontsluit!
Hekselientjie Bonkie Se Eier
R 85.00
Bonkie die draak word wakker. Hy het sleg geslaap. Daar’s iets hards in sy bed … Dis … dis 'n eier! Hekselientjie en Moes verstaan dit nie: Dit kan nie Bonkie s'n wees nie. Bonkie is dan 'n seuntjie en seuntjies le nie eiers nie!
Hekselientjie En Die Draaktrane
R 60.00
Die maan sit al hoog. Hekselientjie word wakker. Als is tjoepstil in Heksiebos. Slaap almal dan nog? Sy steek haar koppie by die deur uit … Brullende besems! Wat gaan dan nou aan? Die hekse en heksies loop almal en snuif en snik. ‘Ek gaan 'n draak met trane soek,’ se Hekselientjie dapper.