- Home
- Volwasse: Nie-Fiksie
- Nie-Fiksie
Volwasse: Nie-Fiksie
Veels Geluk Liewe Maatjie
R 140.00
Veels geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjie koeke in wat maklik met botter versiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer 'n verjaarsdagkoek self wil bak.
Palette: Recycling Projekte
R 210.00
Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep.
Tale wat ons praat, Die (RSG)
R 230.00
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoe...
Oewerpraatjies (John Southey)
R 80.00
As jy 'n uiltjie vang, bestudeer die muis, lui 'n ou spreekwoord. Dieselfde geld vir suksesvolle hengel. Nog 'n toepaslike wysheid is dat daar nie "gelukkige" hengelaars is nie, die suksesvolle hengelaars is gewoonlik goed ingelig en kundig, entoesiasties en goed toegerus, daarom van hulle vis.
Boelies
R 75.00
Boelies in skole speel 'n kommerwekkende rol in die oorsaak van kinders wat presenteer met emosionele probleme. In hierdie boek, verkry die leser 'n baie mooi en insigewende oorsig oor die probleem en hoe om dit te benader en te hanteer uit 'n Christelike perspektief. 'n Moet vir elkeen wat hierdie probleem wil hok slaan.
7 Ritmes vir Kinders: Lê die regte grondslag vir jou kind se geloof
R 130.00
Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te le vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te he. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n r...
Coach jou kind vir die Lewe (Praktiese Gids met CD)
R 140.00
Coach jou kind vir die lewe is 'n praktiese gids propvol idees en oplossings oor hoe jy jou kind kan coach om beter te dink. Dit sal jou help om 'n kind groot te maak wat oplossings soek, passievol leef en met 'n "Ek kan"-gesindheid die lewe vierkantig in die oe wil kyk. Hierdie titel is gerig op ouers en het 'n praktiese aanslag. In 'n gesels...
Teepartytjie (Clover): 55 Wenresepte van 20 jaar!
R 300.00
Koninklike resepte vir ’n koninklike teepartytjie.Clover nooi jou hartlik uit na ’n heerlike teeparty… soos nét die koninklikes dit kan doen! In Clover Koninklike Teepartytjie deel Clover 55 smaaklike resepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk. Van botterbroodjies met dekadente room en konfyt, tot veerligte sponskoek ...
Tennis in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie bied verfrissende motivering vir alle tennisspelers. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie belaaide beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die tennisspeler. Die boek bied jou alles en meer, in maklik lees en v...
Gholf in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie vir entosiastiese beginners of gesoute spelers wat hul tegniek wil verfyn en opknap. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die golfspeler. Die maklik leesbare teks maak d...
My Blommefeetjies Bababoek
R 60.00
Hierdie betowerende bababoek bied jou die geleentheid om dagboek te hou van elke spesiale geleentheid gedurende baba se eerste jaar. Daar is plek vir persoonlike inligting, foto’s en interessante aandenkings. Dit bevat pragtige illustrasies deur Cicely Mary Barker.
Afrikaans vir Almal
R 310.00
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld. 330KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir di...
Mariana se vier seisoene: Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel
R 160.00
Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke...
Resepte (Suzelle DIY)
R 295.00
Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal! Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaa...