- Home
- Volwasse: Nie-Fiksie
- Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte
Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word.
Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.
In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.
Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Related Products
Kos in 'n Kits Vir Volgehoue Energie
Kos in 'n Kits Vir Volgehoue Energie
R 120.00
Ons weet almal dat gesonde kos en kos met 'n hoe voedingswaarde baie belangrik is vir ons langtermyn gesondheid en energievlakke elke dag. Maar helaas, met druk programme en vol werksdae bly dit 'n groot uitdaging om goed en gesond te eet. Kos in 'n kits vir volgehoue energie gaan nie oor onbereikbare ideale nie. Dit is 'n praktiese, doenbare gi...
Soet en Sout Gebak vir Volgehoue Energie 1
R 80.00
Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann, die twee uiters bekwame dieetkundiges wat ook die medeskrywers was van Volgehoue energie vir kinders, plaas met Soet en Sout vir volgehoue energie die langverwagte kersie op die koek van enige partytjieboekversameling.
Volgehoue Energie vir Glutenvrye Eters
R 90.00
Volgehoue Energie Vir Glutenvrye Eters is die resultaat van die samewerking tussen een van Suid-Afrika se voorste dieetkundiges, Liesbet Delport, en haar voormalige pasiënt Sharon Alderson. Sharon moes herstel van ernstige siekte en sy en Liesbet het ’n reeks gesonde, lekker, lae GI glutenvrye resepte ontwikkel as ’n alternatief tot die gewoonl...
Koffiebeker-koeke
Koffiebeker-koeke
R 70.00
Waarvoor wag jy? Bak sommer vandag nog 'n heerlike koffiebekerkoek!
Landbou Boerekos
Landbou Boerekos
R 390.00
Landbou Boerekos is 'n boek wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Dié boek is ingedeel volgens plaasprodukte en bevat 'n magdom resepte met appels, aartappels, bessies, dadels, droëbone, hoender, kool, druiwe, eiers, om maar 'n paar te noem, as hoofbestanddeel. Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte en bevat meer as 100 resepte ...
Landbou Boerekos: Die Beste Gebak
Landbou Boerekos: Die Beste Gebak
R 120.00
As die bakgogga byt, of jy hunker na die vertroostende smaak van tradisionele tuisgebak, is die nutste toevoeging toto die Landbou Boerekos-trefferreeks, Landbou Boerekos - Die beste gebak net die regte boek om nader te trek.Die boek bied 'n omvattende versameling bakresepte uit die gewilde kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy dus al ooit jou Ou...
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.
Immergroen stories oor Plante
Immergroen stories oor Plante
R 120.00
Immergroen ontsluit die wondere en geheime van die plantwêreld in woorde en beelde. Dave Pepler se oupa, Boy le Roux, het hom reeds kleintyd in ’n kruiwa saamgestoot veld toe. In dié boek deel Pepler sy diep liefde vir plante van sy kinderjare tot nou. Hy vertel stories uit sy eie verlede, maar bring ook die kunste, ons land se geskiedenis en d...
Vars & Smullekker: Poedings en nageregte
R 40.00
Hierdie boek is propvol maklike, heerlike lekkernye wat die ideale afsluiting vir enige maaltyd is. Die skatkis van resepte sal ongetwyfeld 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek wees!
Agter+blad: erfeniskos/woordreis
Agter+blad: erfeniskos/woordreis
R 120.00
In agter+blad sit die tydskrif Tuis se uitsoek-agterbladskrywer en bobaaskok Neil Stemmet, die segetog voort wat hy met sy debuur sout+peper behaal het. In die versameling stories wat in 2012-13 in Tuis verskyn het is daar die innigste beskrywings van die lewe toe eenvoud nog 'n towerwoord was en mense mekaar ondersteun het om aan die lewe te bl...
Weg! Platteland Seisoenskos
Weg! Platteland Seisoenskos
R 120.00
Alle goeie kos begin by vars bestanddele en Seisoenskos was jou hoe om van lente, somer, herfs, en ja, ook winter, 'n okkasie te maak. Ruim tyd in om kos te maak en dit aan tafel met spesiale mense te geniet. 90 resepte - van voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte, bykosse, nageregte, gebak en drankies - maak dit maklik om die oorvlo...
Partytjies Is Pret 3 - vir Seuns en Meisies
R 80.00
Raad-op met jou kind se komende verjaardagpartytjie? Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 3 hope inspirasie: verbeeldingryke idees vir koeke, stap-vir-stap-instruksies, kreatiewe idees vir uitnodigings, prettige geskenkpakkies, soet en sout eetgoed, die heerlikste drinkgoed, iets vir elke smaak, ouderdom, en begroting. Hierdie...