- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Age 6 - 8
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- Emosies
- Fantasi
- Fiksie
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Helene Booyens
- Jaco Jacobs
- Johan Strauss
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stories met Lesse
- Struik
- Under 6
Lekker saamlees - Sprokies en Speletjies
R 120.00
Gewilde sprokies en speletjies uit toeka se dae met gebare en bewegings wat dit prettig maak om op te se en selfs saam te speel.
Lekker saamlees Bybelstories en Jesus - Liedjies
R 120.00
Hierdie is 'n versameling Bybelstories wat gepaard gaan met 'n kosbare keur uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders.
Liewe Heksie Leesboek 8
R 195.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel.
Loer binne: Die see
R 220.00
Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die see uit te vind. Gaan kuier op die strand en bou sandkastele, kyk na die haai en die seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie swaardvisse! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan...
Loer binne: Wilde diere
R 220.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!
Max die Masjien
R 200.00
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het s...
Meneer De Beer se Soete Droom
R 90.00
Meneer de Beer is mal oor heuning. Wanneer jy hom soek, is hy maar op die heuningplaas. Tot op 'n dag … Die heuningplaas trek. Sonder sy heuningplaas bly daar niks vir hom in die lewe oor nie. Hy pak sy goedjies en trek ook…
Miesiemuis Gaan See Toe: Leer lees
R 80.00
Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.
Miesiemuis Gaan Visvang: Leer lees
R 80.00
Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.
Miesiemuis In Die Kombuis: Leer lees
R 80.00
Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.
Miesiemuis Is Siek: Leer lees
R 80.00
Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.
Minki en haar maats (boek 1)
R 120.00
Minki verjaar … en haar grootste wens word waar! Sy kry uiteindelik haar eie hondjie. Die babahondjie is baie oulik. Maar hoe gaan sy vir hom die perfekte naam kies?
Minki en haar maats (boek 2)
R 120.00
Minki se skool hou ’n dieredag. Sy en haar maats kan nie wag om soos hulle gunstelingdiere aan te trek nie. Almal weet Natalie is mal oor ponies. Maar Danika sê ponies is vervelig. Minki het ’n plan …
Moeps die Ster
R 160.00
Die wêreld se mees selfgesentreerde mopshond neem aan ’n prettige fotosessie deel. Hy trek allerhande lawwe kostuums aan en dans rond – hy wil graag die ster van die dag wees. Maar dan sien die fotograaf Worsie raak. Moeps is nie juis bly daaroor dat Worsie die kollig steel nie en probeer alles om sy sterstatus terug te kry! Nog ’n ...
Moeps die Toeris
R 160.00
Moeps gaan saam op reis, maar dit was dalk nie die beste idee om hom saam te neem nie. Oral waar dié stoute mopshond gaan, veroorsaak hy chaos! Hy sit beslis nie sy beste pootjie voor nie. Maar soos die gesegde lui: Elke hond kry sy dag ...Nog 'n lekkerlag rympiesboek vir Moeps se aanhangers!
Mooihoekbos: Klein Einas
R 80.00
Hansie die wit hasie het seergekry... Al die maatjies van Mooihoekbos kom om hom te help. Ongelukkies, saamwerk, troos en vriendskap vorm die kerm van hierdie nuwe intrige in Mooihoekbos...