- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Fiksie
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Tags
- Everything in Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteitsboeke
- Christelik
- Fantasi
- Fiksie
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stories met Lesse
- Under 6
Sprokie-Perde 1: Vonkel Die Eenhoring
R 80.00
Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal is sy te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud
Sprokie-Perde 2: Aandster en die Meermin
R 80.00
Aandster is 'n vliende perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg
Sprokie-Perde 4: Sprankel die Seeperdjie
R 80.00
Sprankel het baie maatjies op die koraalrif waar sy woon, maar sy wil so graag 'n ander seeperdjie ontmoet, 'n maatjie net soos sy. Sy begin in die wye oseaan na 'n seeperd-maatjie soek, maar niemand het al een gesien nie! Dan verander alles toe sy 'n vis-nar help...
Streke van Jakkals & Wolf Boek 1, Die
R 60.00
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke …
Streke van Jakkals & Wolf Boek 2, Die
R 60.00
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke …
Streke van Jakkals En Wolf Boek 4, Die
R 60.00
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke …
Suzie Se Superdoeper-Sjampoe
R 170.00
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al ‘n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy ’n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies… Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop i...
Sylvester: Ramkat van die Groot-Karoo
R 260.00
Hoe hard kan Sylvester brul?In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylveste...
Tippie: Vlak 5 Tippie Boekstel VLAK 5
R 400.00
Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan drieletterwoorde bekend. Daar is tien boekies in die reeks. Afgesien van die prettige storie en illustrasies, bevat elke boekie ook ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leess...
Tjoppie en die skat
R 125.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Wat kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.
Tjoppie en die tweeling
R 125.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.
Towerponie en die reënboogbollie
R 130.00
’n Kleurvolle, fantastiese avontuur! Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, ’n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir … haar reënboogbollie! ’n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo ... maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kle...
Trippel die Trapsoetjies
R 90.00
Trippel is baie ongelukkig omdat hy nie soos ander trapsoetjies van kleur kan verander om te wys hoe hy voel nie. Maar op sy avontuur leer hy om te sê hoe hy voel en te luister as ander oor hulle gevoelens praat. Hy is spesiaal omdat hy anders is. Nou hou Trippel van homself net soos hy is.
Verrassing Verrassing!
R 210.00
Eendag bring meneer Hartlief 'n verrassing huis toe - 'n oulike klein varkie met 'n pienk gesiggie en 'n krulstertjie. Meneer en mevrou Hartlief het hulle babavarkie baie lief - maar wat sal gebeur wanneer die varkie skool toe gaan? En kan hierdie storie dalk meer as een verrassing aan die einde hê? 'n Snaakse en verbeeldingryke storie wat wys '...
Vyf Minute Stories vir 1 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 1 jariges geskryf is. Ontmoet 'n hondjie wat mal daaroor is om kiekeboe te speel, 'n paar skattige bere en vele meer oulike karakters. Met 7 prettige stories sal kinders graag hierdie stories oor en oor wil hoor.
Vyf Minute Stories vir 3 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 3 jariges geskryf is. Ontmoet vir Jan wat mal daaroor is om kostuums aan te trek, Madie wat in die ruimte wil vlieg en nog vele meer. Met 7 prettige stories sal 3 jariges graag hierdie stories oor en oor wil hoor.