Products
Slaaptyd Stories
R 120.00
Trek saam met Bennie Beertjie sy towerpajamas aan en word 'n dapper seerower. Ontmoet die onnutsige Evert, die eekhorinkie wat nie wou gaan slaap nie en troos die liewe klein muisie as ys vir die eerste keer by Oupa en Ouma gaan oorslaap en 'n bietjie hartseer is.
Slaaptydstories uit die Bybel
R 170.00
Met Slaaptydstories uit die Bybel het kinders ’n wonderlike manier om die dag af te sluit en rustig te raak vir slaaptyd. Die kindervriendelike teks en illustrasies sal hul verbeelding aangryp en praat met hul kinderharte. Daar is tien van die mees geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament. Die kleingoed sal kennis maak met helde soos ...
Slange van Suider-Afrika
R 200.00
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat ...
Slim koppies: My Liggaam
R 130.00
Kennis oor die liggaam en sintuie is 'n belangrike boublok vir kinders om hulself en hulle wêreld te verstaan. Die eenvoudige en kleurvolle foto's met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.This book helps teach the child about their body and senses. Children use their bodies to...
Slimbegin: 'n Taal en Wiskundewerkboek propvol opvoedkundige aktiwiteite
R 60.00
Hierdie opvoedkundige aktiwiteitboek is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees.
Slimkoppies: Plaasdiere
R 130.00
Kennis oor die natuur is ’n belangrike boublok om kinders se nuuskierigheid oor ander lewende dinge te prikkel.Die eenvoudige en kleurvolle foto’s met herkenbare dinge en situasies in hierdie stewige kartonboek sal gesprekke stimuleer en vroeë leer bevorder.
Slym Boek
R 170.00
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en l...
Slym se Stories
R 250.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...
Slymerigste, stinkerigeste eksperimente-boek
R 80.00
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie – slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder ’n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak ’n mummie van ’n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap ...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Smurfies Aktiwiteitsboek 1, Die
R 40.00
In hierdie prettige aktiwiteitsboek met plakkers kan kinders deel word van avonture in die nuwe “Smurfs and the Lost Village”-fliek. Kinders versier tonele met mooi plakkers, kyk wie pas in en wie nie, soek en vind verskille, loop deur doolhowe en leer allerhande vaardighede, soos om fyn op te let, te teken en in te kleur . . . alles in hierdie ...
Smurfies Aktiwiteitsboek 2, Die
R 40.00
In hierdie prettige aktiwiteitsboek met plakkers kan kinders deel word van avonture in die nuwe “Smurfs and the Lost Village”-fliek. Kinders versier tonele met mooi plakkers, kyk wie pas in en wie nie, soek en vind verskille, loop deur doolhowe en leer allerhande vaardighede, soos om fyn op te let, te teken en in te kleur . . . alles in hierdie ...
Sneeuman-swem
R 170.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Snoei my Here!....tot Liefde
R 50.00
In jou poging om tred te hou met vandag se gejaagde lewenstyl, kan dit maklik wees om dit wat die kern van jou lewe as gelowige is, uit die oog te verloor - God se liefde vir jou en sy gebod dat jy na ander moet uitreik in liefde. In hierdie kragtige boek voorsien Joyce Meyer die leser van Bybelse insig en put uit haar eie persoonlike ervarings ...
Snowy en sy Maats (Angus Buchan)
R 85.00
Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus. Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinde...
Soek die Meerkat: Reis deur Tyd (Soek en vind)
R 75.00
Wat kry jy wanneer jy 'n moedswillige meerkatfamilie met 'n tydmasjien kruis? Epiese chaos! Willem Meerkat is aan die stuur en die familie maak reg vir 'n wilde, woeste reis deur tyd.