Products
Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...
Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 1
R 185.00
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met sl...
Bennie Boekwurm se mooiste sprokies 2
R 200.00
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog ’n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot spr...
Bennie Boekwurm se Tonnelhuisie
R 170.00
Elke dag trek Bennie Boekwurm sy swaer waentjie vol boeke na die parkie om vir die kinders te gaan stories lees. Mokkie Mol met sy sterk pote kom hom help. Maar Mokkie kan nie mooi sien nie en boems-kadoems! loop hy in ’n boom vas. Karra-kaparra! kantel die waentjie om en al die boeke val uit. En boonop is Bennie se bril nou skoonveld! 'n Heerli...
Bennie Boekwurm vertel lekker stories
R 220.00
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond in die Wielie Walie-parkie en hy vertel wonderlike stories! Luister saam na die storie oor Japie die apie en sy maatjies Poegie-paai en Langnek Kameelperd, wat saam na Japie se mamma gaan soek.
Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2
R 220.00
Bennie Boekwurm woon diep onder die grond in die Wielie Walie parkie. In sy tonnelhuise is daar rakke en rakke vol boeke en daar is vir hom niks lekkerder as om vir kinders stories te lees nie! In die boek lees ons hoe Ratta Rot byna Missie Muis se verjaardagpartytjie bederf, en van hoe Tokka Kabouter allerhande grappies maak. Bennie vertel ook ...
Bertie Blikbrein
R 170.00
Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel.
Besige Masjiene: Grawers
R 65.00
Ontmoet die groot konstruksiemasjiene en vind uit watter werk elkeen verrig. Met pragtige, kleurvolle illustrasies van grawers, storters, laaiers en ligters is daar baie interessante feite om te ontdek.
Besige Masjiene: Redding
R 65.00
Ontmoet die besige reddingsvoeruie en vind uit watter werk elkeen verrig! Met pragtige, kleurvolle illustrasies van polisievoertuie, reddingsbote, brandweerwaens, ambulanse en vele meer is daar baie interessante feite om te ontdek!
Besige Masjiene: Trekkers
R 65.00
Weet jy wat alles op 'n besige plaas gebeur? Ontmoet die groot plaasmasjiene en vind uit watter werk elkeen verrig! Met pragtige, kleurvolle illustrasies van trekkers, saaiers, ploeë en stropers is daar baie interessante feite om te ontdek.
Besige Masjiene: Trokke
R 65.00
Ontmoet die verskillende trokke en vind uit watter werk elkeen verrig. Daai is 'n hele paar waarvan jy seker nog nooit gehoor het nie. Met pragtige illustrasies is daar baie interessante feite om te ontdek!
Beste Raaiselboek, Die
R 150.00
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
Beste Suid-Afrikaanse Spookstories
R 130.00
Maak kennis met 'n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika! Die spookmeisie van Uniondale wat sommige nagte langs die pad staan en duimgooi... Die beeldskone maar hoogmoedige Eliza wie se gehuil glo nog steeds op maanligaande deur die klowe van die Hexriviervallei weerklink ... Die Wandelende Jood wat glo snags op die pad tussen Beaufort-Wes...
Beste Toebroodjie, Die
R 130.00
Markus kan nie slaap nie. Hy is lus vir 'n glas yskoue melk.... en 'n lekker toebroodjie. In die kombuis wag 'n groot verrassing op hom - vier flukse helpers wat vir hom die Beste Toebroodjie OOIT wil maak! Maar is dit regtig wat Markus wil he?
Beste van Eet vir Volgehoue Energie
R 120.00
Gabi en Liesbet het die beste en gewildste resepte uit die Eet vir Volgehoue Energie reeks wat 4 titels insluit saamgestel vir elke dag se lekker eet. Die gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van gewilde geregte soos Lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees. Die volledige inleid...
Bianca se Briljante Biblioteekdag
R 160.00
Ontdek betowering tussen die rakke van die biblioteek. Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring. Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime – en ’n manier om dinge tussen hulle twee reg te maak....