Products

Blokkiekuns: Voertuie
R 35.00
Dis groot pret met piksels! Skep jou eie, oorspronklike kunswerke – blokkie vir blokkie. Gebruik die plakkers en voorbeelde en gee lewe aan die voertuie en dinge in hierdie boek. Of gebruik kleurpotlode, -penne of -kryte en kleur die blokkies in. Hierdie reeks is perfek vir 5+ jariges om vroeë wiskunde- en handvaardighede te ontwikkel, sowel as ...

Blomme Eenvoudig Pragtig
R 90.00
Hierdie titel met sy foto's en idees wys jou hoe om blomme op hul beste te vertoon en die plesier wat hulle jou bring, te verleng. Leer oor die beste blomme en loof vir rangskikkings wat hou, kleur, kombinasies en houers, hantering en versorging van blomme en veel meer. Die meer as 65 idees vir pragtig elegante dog eenvoudige rangskikkings word ...

Blonde Bom, 'n
R 60.00
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomk...

Blou Maandag
R 180.00
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana...

Blou Sjokolade
R 160.00
Dolgelukkig. Dit is hoe Elle deesdae voel. Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir 'n staptog van 'n heel ander aard ... een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie. Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese ti...

Boekwinkel Tussen die Wolke
R 220.00
Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe ga...

Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories, 'n
R 130.00
n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser lee...

Boeliebief
R 100.00
Wat doen ’n mens met duisend blikkies boeliebief? Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal? Hoe lyk ’n verliefde volstruis? Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang? Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag!

Boelies
R 75.00
Boelies in skole speel 'n kommerwekkende rol in die oorsaak van kinders wat presenteer met emosionele probleme. In hierdie boek, verkry die leser 'n baie mooi en insigewende oorsig oor die probleem en hoe om dit te benader en te hanteer uit 'n Christelike perspektief. 'n Moet vir elkeen wat hierdie probleem wil hok slaan.

Boendoesbaai-ding, Die
R 60.00
Wanneer Eddie twee mans hoor praat oor ’n rooftog jare gelede tydens die Boendoesbaai Derby, is hy vasberade om die geheim te ontrafel. Kon so iets skokkends ooit in hulle klein kusdorpie gebeur? Maryna Cloete, pal met haar neus in ander se sake, meng natuurlik dadelik in met sy planne. Hulle pad kruis ook met die Von Dempter-neefs, Hein en Roel...

Boerekos Met 'n Twist
R 470.00
In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamig...

Boererate
R 100.00
As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel. Toe Boererate – ’n keu...

Bok wat sy spring verloor het, Die
R 170.00
Wat is 'n springbok sonder sy spring? Net 'n bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor met skreeusnaakse gevolge. 'n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Bollie: Alfabet en diereteken
R 200.00
Sluit aan by Bollie, die vrolike blou hasie, op sy eerste dag by die skool! Bollie is opgewonde, maar ook 'n bietjie senuweeagtig om nuwe vriende te ontmoet en nuwe dinge te leer. Met die hulp van sy onderwyser, wat alles weet, ontdek Bollie die vreugde van die leer van die dae van die week, die toeknoop van sy baadjie, en die herkenning van kle...

Bollie: Getalle en Babadiere
R 200.00
Sluit aan by Bollie, die vrolike blou hasie, op sy eerste dag by die skool! Bollie is opgewonde, maar ook 'n bietjie senuweeagtig om nuwe vriende te ontmoet en nuwe dinge te leer. Met die hulp van sy onderwyser, wat alles weet, ontdek Bollie die vreugde van die leer van die dae van die week, die toeknoop van sy baadjie, en die herkenning van kle...

Bollie: Somervakansie
R 200.00
Sluit aan by Bollie, die vrolike blou hasie, op sy eerste dag by die skool! Bollie is opgewonde, maar ook 'n bietjie senuweeagtig om nuwe vriende te ontmoet en nuwe dinge te leer. Met die hulp van sy onderwyser, wat alles weet, ontdek Bollie die vreugde van die leer van die dae van die week, die toeknoop van sy baadjie, en die herkenning van kle...