Products
Ek Lief Eenhorings
R 110.00
Verken 'n towerwêreld met hierdie fantastiese plakkerboek! Hierdie kleurvolle boek is propvol tonele met eenhorings wat jy kan soek, tel en waarmee jy hope pret kan hê! Vind uit wat jou geheime eenhoring-naam is, soek die verskille tussen die prente, help die eenhoring om sy pad deur die doolhof te vind, kies die perfekte haarstyl vir jou eenh...
Ek lief Lamas
R 130.00
Verken 'n wollerige lamawêreld met hierdie fantastiese plakkeraktiwiteitsboek. Van lama-name tot lamas in pajamas, van soek-en-vind pret tot vernuftige plakker tonele - hierdie boek is propvol lama-liefde. Die boek sluit ook meer as 300 plakkers in waarmee jy die asemrowende prenteblaaie kan voltooi. Ure se lama-pret gewaarborg!
Ek maak reg vir kleuterskool 4+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 260 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, te ontwikkel!
Ek maak reg vir skool 5+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel.
Ek plak en Speel: 2jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy! Met groot, selfklewende plakkers vir kleintjies.
Ek plak en Speel: 3jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy!
Ek sal jou styf vashou
R 80.00
Wanneer jy gelukkig is, hoor ek jou vrolik sing … Jy voel ligter as ’n veertjie lief vir elke liewe ding. Wanneer jy hartseer is, is ek altyd daar vir jou, om jou trane af te vee en jou teen my vas te hou. Partykeer het ons nodig om te weet dat iemand daar is vir ons. Met vertroostende woorde wat ’n wonderlike boodskap van onvoorwaardelike lie...
Ek sal vir jou veg
R 220.00
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou. Sy droom van ’n matrieksertifikaat en ’n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en ’n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ...
Ek soek my hoed
R 195.00
Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het ... Hierdie eksentrieke en skreeusnaakse prenteboek sal beide grootmense en kinders se tone laat krul van lekkerte.
Ek wens ek was....dink die meerkat
R 160.00
Na links .... reguit vorentoe ...na regs ...reguit vorentoe ... na links ... Waaksaam bespied die meeerkat sy omgewing. Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik 'n gevaarlike skaduwee te voorskyn kom,...
Ek Wil Nou Nie Snaaks Wees Nie
R 140.00
Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie?Kan jy die alfabet van A tot Z burp?Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg?Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou?Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie SKREEUSNAAKSE rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is...
Ek wonder wie?
R 100.00
Ons weet almal hoe nuuskierig jong kinders is, veral oor die wêreld rondom hulle, en die konstante vloed vrae wat hulle vra. Ek Wonder Wie? beantwoord ’n paar van die dinge waaroor kinders gewoonlik wonder wanneer hulle diertjies in die tuin, park of veld opmerk. Die boek is ontwerp sodat dit ’n vraag met geïllustreerde leidrade op een dubbelb...
Ekogids: Suid Afikaanse Bestemmings
R 90.00
This traveller's guide provides information to both the overseas visitor and local tourist on the many eco-hotspots this diverse country has to offer. It contains: over 435 full-colour photographs, two maps showing major routes and biome regions, national parks, regional reserves and World Heritage Sites, contact details for making booking...
Elf dae in Amsterdam
R 230.00
Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, 'n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar tas ...
Elf dae in New York
R 230.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou be...
Elf dae in Oxford
R 230.00
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Ine...