Products
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n Tier touloop?
R 99.00
Se nou ’n tier kom kuier . . . Doen saam met Tier karate, word ook ’n rock-ster en baljaar saam op ’n springkasteel. Jy sal verbaas wees oor hoe gestreep, gulsig en grootbek hy regtig is. In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bo...
Skwiek
R 190.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...
Slaapstories vir Dogters
R 140.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip, met die oulike versameling slaaptydstories. Slapenstyd was nog nooit so opwindend nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke dogter se hart aan te raak. Kom deel in die pret en plesier en word weggevoer in 'n droomwereld van avonture!
Slaapstories vir Seuns
R 140.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip met die oulike versaemling slaaptydstories. Slaaptyd was nog nooit so lekker nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke seun te laat droom oor opwindende gebeure. Kom deel in die pret om in die ruimte rond te vlieg of op 'n plaas te gaan kuier. Jy sal weggevoer word in die droomw...
Slaapstories vir Vaak Ogies
R 275.00
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat ?n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies m...
Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 1 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn … Hier’s stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na Sprokiesland! Die stories op hierdie CD: Die bok wat limonade wou drink; Oktavia Spinnekop se goue web; Pos vir Lydia; Die horlosie; Die vuurvliegies; Lindet...
Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 2 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn ... Hier's stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na sprokiesland! Volume 2: Die dwergvlermuis se avontuur; Dunnelientjie; Die eekhorinkie in die berge; Die swaan met goue vere; Lenet se ponie; Die kabouters;...
Slaaptyd In Die Dieretuin
R 100.00
Ignaius peperment krimpvarkie het pas doodmoeg in sy bedjie geklouter vir n rustige slapie toe hy skielik geraas hoor. Wat is dit dan tog? Hy gaap en voel-voel rond in die donker. En dan het hy sy hande vol met dinge om te doen: Die olifant loop in sy slaap, die beertjie word net nie moeg nie en die klein vlermuisie is bang vir die donker. Dis n...
Slaaptyd Stories
R 120.00
Trek saam met Bennie Beertjie sy towerpajamas aan en word 'n dapper seerower. Ontmoet die onnutsige Evert, die eekhorinkie wat nie wou gaan slaap nie en troos die liewe klein muisie as ys vir die eerste keer by Oupa en Ouma gaan oorslaap en 'n bietjie hartseer is.
Slaaptydstories uit die Bybel
R 170.00
Met Slaaptydstories uit die Bybel het kinders ’n wonderlike manier om die dag af te sluit en rustig te raak vir slaaptyd. Die kindervriendelike teks en illustrasies sal hul verbeelding aangryp en praat met hul kinderharte. Daar is tien van die mees geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament. Die kleingoed sal kennis maak met helde soos ...
Slym se Stories
R 260.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...
Slymerigste, stinkerigeste eksperimente-boek
R 80.00
Hierdie eksperimenteboek is nie vir bangbroeke of bewebroeke nie – slegs vir koelkoppe! Maak konkoksies van glibberige slym, verwyder ’n eier se dop sonder om dit te breek, kweek yslike koekies seep, maak ’n mummie van ’n baie stinkerige vis, en vele meer! Elke eksperiment word gevolg deur die ware en interessante wetenskaplike feite. Wetenskap ...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Sneeuman-swem
R 180.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Soene Op ’n Suzuki
R 60.00
Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgesê en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar “Engelse” niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al wéér by hulle kuier. As haar ma net wil besef dat sy wat Lizanne is, sal doodgaan a...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."