Products
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 280.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...
Lekker saamlees - Sprokies en Speletjies
R 120.00
Gewilde sprokies en speletjies uit toeka se dae met gebare en bewegings wat dit prettig maak om op te se en selfs saam te speel.
Lekker saamlees Bybelstories en Jesus - Liedjies
R 120.00
Hierdie is 'n versameling Bybelstories wat gepaard gaan met 'n kosbare keur uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders.
Lekkerlag-pretboek
R 185.00
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as me...
Lelike Vyf, Die
R 190.00
“Ons vyf is misbaksels, ons voel ons kan ween; so vaal en misvormd, o, waar moet ons heen?” Ontmoet die vaal blouwildebees, die giggelende hiëna, die bles aasvoël, die vlakvark met sy vratte en die vuil maraboe: alom bekend as die lelikste diere van die Bosveld … maar is hulle werklik so lelik?
Lelikste Dier in die hele Wêreld, Die
R 40.00
Dis 'n pragtige dag in die Afrika-bos. Wanika kan nie wag om buite te gaan speel nie. Hy weet sommer die dag wat voorle gaan vol pret wees. Toe hy die impalas by die waterpan sien, besluit hy om nader te gaan. Impalas is vir hom die mooiste diere: lank en statig en grasieus. "Mag ek saam met julle speel?", vra hy, vol afwagting. "Gaan weg", kom ...
Lewe se vuil houe, Die
R 210.00
Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?” Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles....
Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Liefde is 'n Sprokie
R 80.00
’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukke...
Liefde is nie Tjoklits Nie
R 60.00
Wat maak ’n meisie wanneer sy die eerste keer in haar lewe verlief is? Op ’n ou met oë so donker soos Bel-giese tjoklits? ’n Ou met ’n tergende lag en seesout op sy lippe? ’n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom? Dít is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat al...
Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe
R 145.00
Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was 'n seksis, nes die meeste mans. Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het. Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonry...
Liewe Grapste Grapboek
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Liewe Grapste Grapboek 2
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Liewe Heksie Leesboek 1
R 195.00
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.