Products
Middernagfees
R 240.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Middernagklub
R 160.00
Witbaadjies. Dit is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nie op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Van uitslip en reels breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avont...
Mieke en die Meerminne 1: Geheime Onder die See
R 135.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke is oortuig hulle bestaan regtig. Een oggend toe Mieke saam met haar oupa op sy vissersboot uitgaan, ontdek sy iets wat haar hele lewe verander. 'n Regte, egte meermin wat in haar oupa se visnet verstrengel is! Mieke help die meermin, en kort voor lank...
Mieke en die Meerminne 2: Die Koningin se Konsert
R 80.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Mieke is baie opgewonde toe sy uitvind Luna se ma verjaar. Al die mee...
Mieke en die Meerminne 3: Avonture in die Dieptes
R 80.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste. Prinses Luna is...
Moenie hierdie boek eet nie
R 330.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...
Moenie hierdie boek eet nie!
R 310.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...
Monster Grappe
R 190.00
Wat kry jy tussen Godzilla se tone? Na watter sepie kyk spoke graag? Wat maak: "Ha-Ha-DOEF!"? Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
Monster in my melkskommel
R 230.00
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie da...
Monster Pizza
R 180.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Monsterrugby
R 190.00
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vin...
More as ons groot is
R 170.00
Dramateks vir hoerskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - ...
Motors
R 80.00
Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wereld? Hoe groot is 'n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.
My Boetie dink hy's Batman en ander Rympies
R 120.00
Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk 'n gewone dag by 'n skool vir seerowers? My boetie dra sy Batman-pak oral waar hy gaan. Hy dra dit in die dieretuin en op die ysskaatsbaan. Hy dra dit as ons TV kyk, hy dra dit as ons braai. Wat dra hy skool toe? Ja, jy't reg geraai! Saans as hy gaan...
My Eerste Afrika Avontuur
R 240.00
Die topverkoper “My first African Adventure” is nou ook beskikbaar in Afrikaans! In September 2003 het Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad gery om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met ’n fiets te toer. Hy het gedink dit sal hom ’n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos. Aan die einde van 2005 het hy teruggery Kaapstad to...
My eerste boek oor Honde: Alles wat jy wil weet
R 140.00
Alles wat kinders oor honde wil weet! Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is of daarvan droom om jou eie hond...