Products
Opgedollie - Juwele, sakke en geskenke geskep uit rommel
R 50.00
Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte te skep wat waarde het. In hierdie boek gebruik die skrywer afvalitems om splinternuwe, byderwetse juweliersware, handsakke, houers en geskenkitems te maak.
Ou soos jy, 'n
R 200.00
Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinnig...
Ouens is nie pizzas nie!
R 210.00
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie - soos die een oor ouens en pizzas.... Stap 1: Moenie 'n Hawaiian-pizza bestel as jy pynappel haat nie. Stap 2: Maak seker van die bestanddele voor j...
Ouma Mollie en die Mensvreter
R 195.00
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blaps...
Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag
R 195.00
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie v...
Oupa se Medalje
R 100.00
Marko se oupa is die dapperste mens wat hy ken – hy het selfs ’n medalje om dit te bewys! Saam gaan hulle op allerhande avonture soos ruimtereise en wilde jagtogte – sonder om eers die huis te verlaat! Maar toe Oupa alleen op sy laaste avontuur moet gaan is dit Marko se beurt om dapper te wees. Maar Oupa het vir hom ’n baie spesiale verrassing a...
Pampoenpit kry ‘n beat
R 170.00
Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis … Die musiek is ongeduldig, dit wil almal graag laat sing. Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring! Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!
Pampoenpit se Groen Gevoel
R 170.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...
Perfek!
R 180.00
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Perfekte Brander, Die - en ander verhale
R 240.00
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bring jou branderplank en kom duik in hierdie versameling splinternuwe stories vir jongmense!
Perfekte Werk vir Pappa, Die
R 80.00
Pappa se werk is so vervelig! Wat as hy ophou om na vergaderings te gaan... en eerder die Sewe See begin verken, teen drake begin veg, of in 'n vuurpyl deur die ruimte blits?
Pieksel
R 190.00
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. O...
Pienk Bikini
R 180.00
Matriek. Die woord gee Elle ’n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar ’n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om ’n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe ’n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverw...
Plons
R 130.00
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 8 - 10 jaar oud.
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy ʼn sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."