Products
Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke
R 140.00
Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …
Siembamba (Boekpak)
R 320.00
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies...
Siembamba: Immergroen rympies vir kinders
R 150.00
Hierdie omvangryke, pragtig geillustreerde versameling klassieke Afrikaanse rym-pies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe segoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis ’n moet-h...
Skaduwees, Skatte en Skelmstreke
R 80.00
Die nuwe skooljaar skop op ’n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir ’n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak. En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip ...
Skool van rampspoedige talente en ander gelukkige verhale
R 220.00
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die Huistaalklaskamer. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwart...
Skreeu en ander verhale
R 260.00
Skreeu en ander Verhale – Soos ‘n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ‘n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle st...
Skwiek
R 190.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...
Slym Boek
R 170.00
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en l...
Slym se Stories
R 260.00
Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Sneeuman-swem
R 180.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Sondag steel jy my hart
R 230.00
Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar. Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar ...
Spaghetti tussen jou tone
R 190.00
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak! In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen...
Speurder Anika Omnibus (5-in-1)
R 200.00
Kry jou vergrootglas uit! Annika is versot op speurverhale en raaisels, en as sy in die omtrek is, gebeur daar altyd iets opwindends! Kry jou vergrootglas en jou notaboek uit en maak gereed om leidrade te soek en ’n hele rits opwindende raaisels saam met Speurder Annika op te los. Daar is ’n uitstappie na die museum en ’n geheimsinnige veer wa...
Speurder Anika stel ondersoek in
R 120.00
Almal is in rep en roer oor die revue wat binnekort plaasvind. Maar dan begin vreemde dinge by die skool gebeur... Eers verdwyn Lynette se prinsesrok uit een van die klasse en dan raak al die monstermaskers weg. Hoe op aarde is dit moontlik? Is dit dalk waar wat party van die kinders se – dat daar ’n spook onder die verhoog bly?