Products
Spoekie
R 220.00
Hardloop is al wat Spoekie ken vandat sy pa hom en sy ma probeer skiet het. Vasgevang in 'n gewelddadige omgewing vol misdaad word Spoekie 'n moeilikheidmaker wat heeldag weghardloop van sy probleme. Tot die dag wat hy vir Coach ontmoet en 'n plek in die atletiekspan loshardloop … Kan hy uiteindelik sy verlede agterlaat?
Spooksoeker
R 250.00
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewonde Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf. Daar is ook ‘n paar spoke wat hóm dophou ... Die boek bevat ‘n aantal spookstories met dieselfde hoofkarakter in al die stories.
Spooksoeker 2
R 250.00
Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, ...
Spooksoeker 3
R 250.00
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hul...
Spring
R 190.00
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam – die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marc...
Springboekie
R 180.00
Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig i...
Stalmaats 21: Tweede kans
R 70.00
Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks! Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat 'n nuwe ryskool op die dorp oopmaak. Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas en hy probeer almal ompraat om Hoefslae 'n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die D...
Stalmaats Omnibus 1
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans!Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by ha...
Stalmaats Omnibus 2
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in ’n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan ’n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandel...
Stalmaats Omnibus 3
R 290.00
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jon...
Stalmaats Omnibus 4
R 290.00
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor...
Stalmaats: Afskeidsrit
R 70.00
Daar le 'n besige tyd vir Anri en die ander Stalmaats voor. Dit is amper die einde van die jaar en die eksamen is om die draai. By die ryskool reel oom Dewald en tannie Maja 'n spesiale afskeidsrit en Anri-hulle besluit om iemand te verras. Boonop moet hulle help om 'n spesiale "akteur" vir haar boetie se kleuterskoolkonsert af te rig. Maar dan ...
Stalmaats: Anri se Plan
R 70.00
Anri en haar twee Stalmaats-vriende, Karen en Megan, hou baie van die Peace Shelter-kinders wat die ryskool besoek. Veral Nomhle wat net so baie van perde hou soos hulle. Anri-hulle besluit om 'n lekker verrassing vir die skuilingkinders te reël. Maar dan gebeur ’n aaklige ding ... Is Nomhle regtig skuldig? Sal die drie Stalmaats betyds kan uit...
Stalmaats: Die Beroemde Ruiter
R 70.00
In die vyfde boek in die Stalmaats-reeks, is Anri-hulle baie opgewonde. Die tiener-ster Victor Brink gaan die Dagbreek-ryskool besoek om sy nuwe musiekvideo te verfilm. En dis nie al nie ... iemand gaan boonop die kans kry om saam met Victor in die video te wees! Die katterige Vinette gaan seker maak sy kry die rol!
Stalmaats: Gevaar op Dagbreek
R 70.00
Daar is 'n nuwe ruiter by die Dagbreek-ryskool. Anri, Megan en Karen is opgewonde om maats te maak met Suné. Maar hoekom tree sy partykeer so vreemd op? Hoe beter Anri die nuwe meisie leer ken, hoe meer is sy oortuig dat iets nie heeltemal pluis is nie...
Stalmaats: Komaan, Karen!
R 70.00
In die sesde boek in die Stalmaats-reeks, lê daar ‘n besige tyd voor vir die Stalmaats. Anri, Karen en Megan moet oefen vir die perdekompetisie wat die vakansie plaasvind én dan hou die skool boonop ‘n Pretdag om geld in te samel. Maar iets is verkeerd. Waarom tree Karen so skielik vreemd op? Oefen sy te hard met Prinses? En waarom wil sy nie vi...