Products

Ek maak reg vir kleuterskool 4+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 260 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, te ontwikkel!

Ek maak reg vir skool 5+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel.

Ek plak en Speel: 2jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy! Met groot, selfklewende plakkers vir kleintjies.

Ek plak en Speel: 3jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy!

Ek soek my hoed
R 195.00
Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het ... Hierdie eksentrieke en skreeusnaakse prenteboek sal beide grootmense en kinders se tone laat krul van lekkerte.

Elf dae in Amsterdam
R 245.00
Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, 'n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar ta...

Elf dae in New York
R 245.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou ...

Elf dae in Oxford
R 245.00
Die sestienjarige Alicia word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar 'n onderduimse professor probeer dit verkoop. Voor sy weet waarin sy haar begewe, steel Alicia die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll. Dit bevat ’n formule wat Ine...

Elf dae in Parys
R 245.00
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde d...

Elf dae op 'n Eiland
R 245.00
Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van 'n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op 'n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van 'n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit 'n painiet-myn? Uit die bloute k...

Elsa Winckler Eerste Keur
R 80.00
Van altyd af Cilla is ’n hoërskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon. Haar groot liefde is diere – perde in die besonder – en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer. Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie...

Emma en die geheime gang
R 189.00
Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip? Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek. Hulle besluit om ondersoek in te stel, maar die raaisel van die kinders se verdwyning word net ...

Emma en die Middernagman
R 189.00
Juffrou Beaulah Bonthuys, Kosterkloof se nuwe skoolhoof, lyk aanvanklik baie gaaf. Emma hou veral van die hoof se oulike ma-kat en haar kleintjies wat ook in die koshuis kom woon. Maar wie is die vreemde figuur in die swart mantel wat snags om middernag in die tuin verskyn? Daar is ook twee nuwe meisies in Emma se klas. Hulle is beeldskoon en bo...

Ena Murray: Keur 17
R 290.00
In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s dieselfde middag op...

Ena Murray: Keur 18
R 290.00
In Eiland in die son moet Willemien in 'n tropiese oerwoud oorleef terwyl sy wonder waar haar verloofde homself bevind. Andrea Smit ontmoet 'n aantreklike Spanjaard in Señor die seerower?. In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van 'n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Boonop ontketen die geh...

Floreer
R 60.00 R 265.00
Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Veerkragtigheid nie iets uitsonderlik is wat net sommige mense het nie, ons almal het dit en kan dit oefen en uitbou. Ilse Salzwedel bespreek wat die eienskappe van veerkragtige mense is, en hoe ons meer veerkragtig kan word. Aan die hand van haar eie...