Products
Kinders se voël van Suider-Afrika
R 200.00
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens groo...
Kwaai Uil
R 80.00
Kwaai Uil gaan oor 'n uil wat omgekrap op ’n tak sit en kyk hoe ’n groot storm opbou. Hy word vasgevang in die middel van die reën, wind, donderweer, sneeu, hael, en selfs ’n tornado. Wanneer die storm uiteindelik bedaar, is hy aangenaam verras deur die allermooiste kleure wat in die vorm van ’n reënboog deur die wolke uitstraal. Toe die wolke ...
Kwaai Uil kry 'n Stokperdjie
R 80.00
Kwaai Uil se lewe is uitstekend – so wonderlik dat hy besluit om by die pragtige voëlgesang aan te sluit wat hy elke dag uit die boom langsaan hoor. Hy gryp ’n kitaar en is vol selfvertroue dat hy die beste musikant nog sal wees. Tot sy groot teleurstelling vlieg die ander voëls weg van die verskriklike geraas wat hy maak. Kwaai Uil wil graag ’n...
Love from Lexie The Lost and Found
R 90.00
Ever since Lexie's mum vanished, her world hasn't stopped spinning. A new home, a new school - even a new family but Lexie never gives up hope that her mum will come back and writes her letters every day to tell her all about her new life.There's plenty to tell - the new group of misfits she calls friends, the talent for music she never knew she...
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
My boek oor Gevoelens
R 240.00
Wat 'n week propvol gevoelens! Woede, Hartseer, Trots, Skaamheid, Jaloesie, Blydskap, Vrees.... Gaan saam met Simone en ontdek 'n paar gevoelens. Help haar om die gevoelens te beheer deur die insetsels en animasies in jou boek te gebruik. 'n Interaktiewe storie ontwikkel deur 'n Ontspanningsterapeut - met raad hoe om gevoelens te beheer.
My Eerste dinge wat beweeg
R 95.00
Moedig spraak aan en bou woordeskat met die prettige prenteboek oor dinge wat beweeg. Bevorder leesgereedheid, Benoeming van dinge wat beweeg ontwikkel waarnemingsvaardighede, Fotografiese inhoud bou wereld kennis.
My Eerste Dinosourus
R 95.00
Leer meer oor dinosourusse en bou woordeskat met die prettige eerste woord-en-prenteboek. Bevorder leesgereedheid, Benoeming van prente ontwikkel waarnemingsvaardighede, Fotografiese inhoud bou wereld kennis.
My Eerste Trekker
R 95.00
Leer meer oor trekkers en bou woordeskat met die prettige eerste woord-en-prenteboek. Bevorder leesgereedheid, Benoeming van voertuie ontwikkel waarnemingsvaardighede, Fotografiese inhoud bou wereld kennis.
My Eerste Vragmotors
R 95.00
Moedig spraak aan en bou woordeskat met die prettige eerste woord-en-prenteboek. Bevorder leesgereedheid, Benoeming van voertuie ontwikkel waarnemingsvaardighede, Fotografiese inhoud bou wereld kennis.
Mylpale vir Kinderontwikkeling
R 160.00
Ouers van babas en klein kindertjies wonder gedurig of hul kinders hulle ontwikkelingsmylpale binne die verwagte tydperk bereik. Dit is belangrik om te onthou dat elke kind uniek is en dat geen twee kinders hierdie mylpale gelyktydig sal bereik nie. Mylpale vir kinderontwikkeling se doel is om ouers en opvoeders betyds te laat besef as ’n kind ...
Percy Jackson en die Olimpiers: Weerligdief
R 180.00
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir ...
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur
R 180.00
AVONTURE WAG! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom 'n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op 'n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons die helde oorleef? Lees Rowley Jefferson s...
Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories
R 170.00
Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale. Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap
Sakkie die skapie se wilde, wollerige dag
R 180.00
Kom saam op ’n wilde jaagtog soos ons vir Sakkie die skapie probeer vang! Hierdie oulike avontuur gaan oor plaasjapies wat ’n ondeunde hanslammetjie probeer inhardloop. Terwyl klein Sakkie deur Karoo-plase dartel en baljaar, sien jong lesers die wêreld van wol in aksie: skaaphonde wat die trop bymekaar maak, skeerders wat met wollerige skape wer...
Slange van Suider-Afrika
R 200.00
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat ...