- Home
- Products
Products
Low fat goes luscious
R 60.00
Suitable for anyone interested in eating low-fat, healthier meals, Low-Fat Goes Luscious is filled with over 80 recipes and beautiful full-colour photographs for delicious breakfasts, soups, pates, dips and spreads, salads, dressings, rice, grains and pulses, vegetables, fish, chicken, pasta and baked goods. Eating healthily has never been easier.
Lukas bou 'n Superkar
R 160.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Lullabies (Picture Flat)
R 50.00
Another adorable book from the wonderful Kate Toms, Lullabies will delight every child as they are lulled to sleep. Parents will love to read these books at bedtime to calm and relax their children. Everyone will enjoy this book, with the beautiful hand-stitched illustrations that is Kate's signature style. Her cleverly adapted text is enjoyable...
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
Lulu: Bravo Lulu
R 145.00
Toe Lulu se balletjuffrou aankondig dat hulle 'n spesiale konsert vir die jaarafsluiting gaan hou, is Lulu baie opgewonde. Lulu gaan nie net die rol van die meerminprinses dans nie – sy gaan ook 'n paar uitrustings ontwerp! Maar die tweeling, Alex en Alet, hou niks van ballet nie en toe Alex per ongeluk 'n rol in die balletkonsert losslaan, is ...
Lulu: Coucou, Lulu
R 180.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...
Lulu: Hokaai Lulu
R 170.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...
Lulu: La di da Lulu
R 150.00
Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! ...
Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!
Lulu: Oepse daisy Lulu
R 145.00
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos 'n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in 'n groot opera...
Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 170.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Maak Kennis Met: Getalle
R 40.00
Leer jou kleinding om van 1-20 te tel in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat 'n getal met mooi illustrasies en oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om getalle maklik te leer
Maak Kennis Met: Kleure
R 40.00
Leer jou kleinding alles van kleure in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om fyn detail waar te neem!
Maak Kennis Met: Vorms
R 50.00
Laat jou kleinding die verskillende vorms herken in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om vorms maklik te onthou met behulp van kleurvolle illustrasies
Maak Kennis Met: Woorde
R 40.00
Laat jou kleinding woorde herken in hierdie pragtige opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om woorde maklik te onthou met behulp van kleurvolle illustrasies.
Maak Vyf - 1 Bestanddeel = 5 Resepte
R 120.00
Maak Vyf bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word. Die boek fokus op ’n seleksie van alledaagse bestanddele soos geblikte vis, hoenderfilette, eiers, pasta, rys, droë boontjies, botterskorsie en tamaties om net ’n paar te noem. Die resepte strek van vinnige maaltye, bygeregte en...