- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Afrikaans
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Ou soos jy, 'n
R 200.00
Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinnig...
Wian Verwey het 'n Crush op my
R 80.00
Wian Verwey het 'n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.
Roald Dahl: Fantastiese Mnr. Vos
R 195.00
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar...
Elton die verskriklike April verloor dit
R 150.00
Elton April is kwater as kwaad. Sy ma is meer gereeld by die huis, maar soms moet hy vir haar instaan as verpleegster vir die aftreeoord se ingroeitoonnaels en hoofpyne. Gelukkig kry hy opleiding in noodhulp by Hoerskool Horison, waar hy nou in Gr 8 is. Sy beste pelle Dawid en Lesedi is in 'n ander skool, en Jireh, die skarminkel van Tekkie Town...
Speurder Kwaaikofski Omnibus 2 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Kwaaikofski word deur ouens met kaalgeskeerde blou koppe ontvoer, hy vertel hoe sy pad vir...
Roald Dahl: James en die reuse Perske
R 245.00
James se tantes, tannie Spyker en tannie Spons, maak sy lewe 'n nagmerrie. As 'n kwaai ontsnapte renoster sy ouers net nie opgeëet het nie, sou hy nooit in hierdie gemors beland het nie. Maar eendag ontmoet hy 'n geheimsinnige ou mannetjie wat vir hom 'n sak vol krokodiltonge met towerkrag gee - en so begin die avontuur van sy drome. Nuwe uitgaw...
Thomas@ Omnibus: SMS / Nagmerrie / Aksie .NET
R 300.00
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas...
Saartjie Omnibus 8
R 235.00
In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en '...
Haas Das se Nuuskas: Episode 5
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-...
Roald Dahl: Matilda
R 270.00
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . .
Om te Dans
R 200.00
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe sk...
Roald Dahl: Marius se Merkwaardige Medisyne
R 220.00
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie k...
Avonture van Kuifie: Die Tempel van die Son
R 170.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. In ...
SMS'e Skurke en Spinnekoppe
R 70.00
Vier dae in die Bos... Dit is wat vir Lindie voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse Sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin,m is daar eers 'n nare onderwyseres wat 'n les geleer moet word! En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie ga...
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
R 200.00 R 215.00
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. E...
Grilgrypers 4: Die meisie in die maanlig
R 200.00
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die g...