Kinders: 10 tot 13 Jaar
Duinebesies
R 160.00
Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibie toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om 'n wit Kersfees in Frankryk te beleef is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te si...
Middernagklub
R 160.00
Witbaadjies. Dit is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nie op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Van uitslip en reels breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avont...
Verlore Eiland en Ander Stories, Die
R 190.00
Ou gunstelinge kry ’n nuwe baadjie! Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus. Daar is vlooie in my bed Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Ne...
My eerste boek oor Honde: Alles wat jy wil weet
R 140.00
Alles wat kinders oor honde wil weet! Ontdek alles wat jy nog altyd oor honde wou weet, van verskillende rasse, eienskappe en versorging, tot fassinerende inligting oor hoe honde met ons en met ander honde kommunikeer. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van honde hou, of jy nou reeds ’n honde-eienaar is of daarvan droom om jou eie hond...
Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe
R 145.00
Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was 'n seksis, nes die meeste mans. Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het. Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonry...
Nog 13 Spookstories
R 240.00
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laa...
Nova Omnibus 1 (3-in-1)
R 270.00
By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke ...
Groot Boek van Spoke en Grille, Die
R 270.00
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling gril...
Seesand, Spoke, Skaduwees Omnibus
R 280.00
Nog vier koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus: Seesand, sonbrille en s...
Sanri Steyn Omnibus 1
R 240.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar n...
Selfone, SMS'e, Sepiesterre Omnibus
R 280.00
Drie koshuisavonture in een boek!Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, o...
Kupido.com
R 160.00
Léa weet ’n ou soos Philip Cronjé sal nooit in haar belang stel nie. Maar dan skep haar beste vriendin vir haar ’n vals profiel op Kupido.com, en kort voor lank is daar iemand wat met Léa wil gesels – Philip!
Ou soos jy, 'n
R 200.00
Emma is vasbeslote – dié vakansie gaan sy ’n ou kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Toe sy nie lank nie na hul aankoms by Jeffreysbaai ’n sekere blonde branderplankryer raakloop, klop haar hart sommer dadelik vinnig...
Wian Verwey het 'n Crush op my
R 80.00
Wian Verwey het 'n crush op my. En ek is nie seker hoe ek daaroor voel nie. Elke keer as ek daaraan dink, kan ek nie help om te glimlag nie, want dit klink soos die titel van een van daardie Afrikaanse liedjies waarin als rym.
Thomas@ Omnibus: SMS / Nagmerrie / Aksie .NET
R 300.00
Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas...
Om te Dans
R 200.00
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe sk...