- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Fiksie
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Hondman
R 275.00
Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie h...
Aksieheld Austin - Operasie Sabotasie
R 180.00
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer sabote...
Fantastiese Avonture van Theo die Kat
R 60.00
Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. En as die ander katte in die moeilikheid beland, is Theo elke keer daar met 'n blink plan om hulle te red! Hierdie boek bevat drie fantastiese stories oor die avonture van ...
Goorgomgaai, Die
R 190.00
'n Muis gaan stap deur die donker bos. 'n Vos sien die muis en hy dink aan kos. Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy 'n vos, 'n uil en 'n honger goorgomgaai raakloop...
Mooiste stories van Helena Lochner
R 225.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...
Hondman 3: Katkenades
R 275.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...
Hondman op Hol
R 275.00
Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds re...
Hondman 4: Hondman en Kleinkat
R 275.00
Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met 'n regte neus vir geregtigheid het nou 'n helper, Kleinkat, en saam het hulle 'n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer 'n nuwe katsitter opdaag en 'n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Groot Poefwedstryd, Die
R 160.00
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkom sien Koning Kuttel dan 'n optog van verriklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan die koninklike kneg hierdie jaar uitbeitel in die gede...
Lana en Rakker (4): Die Pajamapartytjie
R 125.00
Dit is amper Lana se verjaardag, en sy beplan 'n pajamapartytjie. Maar sy is 'n bietjie bekommerd. Wat as niemand na haar partytjie wil kom nie? Dan erken Lana se nuwe maat, Lisa, dat sy bang is vir honde. En in Lana-hulle se huis is daar geen wegkomkans van die spelerige Rakker nie. Kan Lana en Rakker dit die beste verjaardag-pajamapartytjie oo...
Perfek!
R 180.00
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Pieksel
R 180.00
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. O...
Lillie die heksie keer die skool op sy kop
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... 'n Inspekteur besoek lillie se skool en Lillie begin dadelik om 'n paar towerspreuke te leer. Sy wil haar juffrou help om die inspeksie met vlieende vaandels te slaag...
Lillie die heksie en die raaisel van die mummie
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Vandat sy 'n towerboek langs haar bed ontdek het, is Lillie dol oor towerkunsies. Maar soms word haar toordery 'n bangmaakspulletjie - byvoorbeeld toe sy haar skielik in 'n Egiptiese farao se grafkelder bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop die speelmuisie waarmee sy haar na die werk...
Lillie die heksie in die Wilde Weste
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste - plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Rowolwer-Lillie die inwoners van Bourbontown kan help om drie gesle...