Kinders: 8 tot 10 Jaar
Zackie Mostert: Omnibus 2
R 230.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies ba...
Zackie Mostert: Omnibus 3
R 230.00
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of ...
Plons
R 130.00
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 8 - 10 jaar oud.
Aksieheld Austin - Onheil op Skedelbaai
R 190.00
Ligte, kamera, aksie! Ewald het nie ‘n bang haar op sy kop nie – veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is! Die derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes stee...
Grappe van A - Z
R 210.00
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Monster Grappe
R 190.00
Wat kry jy tussen Godzilla se tone? Na watter sepie kyk spoke graag? Wat maak: "Ha-Ha-DOEF!"? Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
My Ouma is 'n Rock-ster
R 190.00
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en rits in ‘n bloedrooi sportmotor rond! Maar om die kleinseun te wees van die beroemde ouma in die land, kan partykeer gevaarlik wees…
Zackie Mostert: Omnibus 1
R 230.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’...
Stalmaats: Stormnag
R 70.00
Anri kan nie glo Jacques het haar gevra om saam met hom na die Valentynsdans te gaan nie. Intussen is almal by die ryskool opgewonde omdat daar ’n vulletjie op pad is. Maar een stormagtige nag loop dinge verkeerd ... en Anri en Jacques moet blitsvinnig ’n plan maak.
Draakasem
R 180.00
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur? Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem. Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. Selfs sy kleinsussie skrik vir niks… En Darius? Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … Jaco J...
Wilde Wikus!
R 160.00
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico h...
Rooikop, die leeu en die handgranaat, Die
R 150.00
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand...
Middernagfees
R 240.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Geheime Koninkryk: Borrelvulkaan
R 135.00
Wanneer koningin Gorina ’n towerspreuk oor koning Kieliebaard uitspreek, moet Janie, Bianka en Tamsin ses skaars bestanddele soek om ’n wondermiddel te maak. Die drie meisies vertrek na Borrelvulkaan om die eerste bestanddeel te gaan soek. Kan hulle die weggesteekte borrelbyekorf opspoor en die towerheuningkoeke kry sodat hulle koning Kieliebaar...
Swakste Restaurant in die Heelal, Die
R 240.00
‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ‘n mens too...
Vakansiepret 3: Kolwyntjie Kompetisie
R 140.00
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds ...