Kinders: 8 tot 10 Jaar
Aksieheld Austin - Nag van Grille
R 180.00
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekends...
My Ouma is 'n Film-ster
R 180.00
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in die koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n filmstel kan soms 'n ge...
Lea lief apies 3: Grypdiewe en gevaar
R 120.00
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwin...
Lea lief Honde 2: Hik hik hoera!
R 120.00
Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te...
Magriet die stadshoender
R 60.00
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor.
Magriet hou konsert
R 60.00
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg...
Lulu: Coucou, Lulu
R 190.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...
Lea lief Muisvalle en Maan-Melkskommels 4
R 120.00
Lea se ma is 'n veearts en haar pa is 'n diereregte-aktivis en -joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea het drie probleme. 1. Iets of iemand is besig om die uile dood te maak. 2. Daar is 'n vreeslike muisplaag by die skool en in die dorp. 3. Hazel en Nikita stel meer in die cool nuwe restaurant belang as om vir Lea met die diere te he...
Ouma Mollie en die Mensvreter
R 190.00
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blaps...
Blou Maandag
R 180.00
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana...
Skwiek
R 180.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...
Lukas bou 'n Superkar
R 170.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Klein boek van: Skrikwekkende Spoke, Die
R 50.00
Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak! Wou jy nog altyd weet of daar spoke is? NATUURLIK! Hier is 'n paar van hulle: Die spook sonder 'n kop, Die spookhond in die Kasteel, die spook wat met sy skip om die Kaap probeer seil het en die spoo...
Jock van die Bosveld
R 180.00
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n...
Prinses Pampoenpit
R 160.00
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal m...
Pampoenpit se Groen Gevoel
R 160.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...