Kinders: 8 tot 10 Jaar
In Opleiding: Veearts
R 180.00
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nutt...
Agent Snoet: 5 in 1
R 290.00
Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ... Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder...
Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 180.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.
Ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas
R 170.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture ...
More as ons groot is
R 170.00
Dramateks vir hoerskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - ...
Rooimiere in die broek idoom inkleurboek
R 150.00
Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op die gras, sit agterstevoor op 'n stoel, klim in die linnekas met 'n flits, of hang onderstebo in 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek
R 150.00
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af.Lê op 'n baal, sit agterstevoor op 'n trekker, klim op na die solder in die skuur,of gooi ‘n kombersie oop onder 'n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleurin! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elkmet interessante feite oor plaasdiere en vol...
Sokkerdrome (1): Afskop
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy 'n sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Sneeuman-swem
R 180.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwel...
Karatekas
R 170.00
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!
Siembamba (Boekpak)
R 320.00
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies...
Pampoenpit kry ‘n beat
R 170.00
Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis … Die musiek is ongeduldig, dit wil almal graag laat sing. Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring! Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!
Engela Goedhart
R 180.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bew...
Beste Raaiselboek, Die
R 170.00
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
101 Spook Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
Alfa van Alfaville, Die
R 210.00
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ... Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend ...