Kinders: 8 tot 10 Jaar
Zinzi en Saffraan (6): Towerponies en Kieme
R 140.00
In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.
Zinzi en Saffraan (5): Paddas & Plante
R 140.00
In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.
Zinzi en Saffraan (4): Katjievlinders en Ys
R 140.00
'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.
Zinzi en Saffraan (3): Meerperdjies en Borrels
R 140.00
In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.
Zinzi en Saffraan (2): Monsters en Muf
R 140.00
Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinz...
Zinzi en Saffraan (1): Drake Malvalekkers
R 140.00
In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?
Monster Pizza
R 180.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!
Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 190.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...
In Opleiding: Brandbestryder
R 170.00
Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘...
In Opleiding: Atleet
R 170.00
Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die ...
Max die dapper Gorilla
R 190.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoe...
Aksieheld Austin - Nag van Grille
R 190.00
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekends...
My Ouma is 'n Film-ster
R 190.00
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in die koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n filmstel kan soms 'n ge...
Lea lief apies 3: Grypdiewe en gevaar
R 100.00
Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling toe om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltamal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere! Boonop dwin...
Lea lief Honde 2: Hik hik hoera!
R 100.00
Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te...