- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Fiksie
Kinders: 8 tot 10 Jaar
Hondman
R 275.00
Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie h...
Aksieheld Austin - Operasie Sabotasie
R 190.00
Ligte, kamera, aksie! Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in ’n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie – hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeels wat skurke laat les opse! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer sabote...
Fantastiese Avonture van Theo die Kat
R 60.00
Theo bly saam met sy ma, sy broer en sy suster reg langs die biblioteek. Die ander katte stel net belang in kos, kattekwaad en kattemaai. Maar nie Theo nie. Hy hou van lees. En as die ander katte in die moeilikheid beland, is Theo elke keer daar met 'n blink plan om hulle te red! Hierdie boek bevat drie fantastiese stories oor die avonture van ...
Hondman 3: Katkenades
R 275.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Perfek!
R 180.00
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Pieksel
R 190.00
Vossie de Vos bou 'n robot Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het 'n humeur soos 'n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. O...
Lillie die heksie keer die skool op sy kop
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... 'n Inspekteur besoek lillie se skool en Lillie begin dadelik om 'n paar towerspreuke te leer. Sy wil haar juffrou help om die inspeksie met vlieende vaandels te slaag...
Lillie die heksie en die raaisel van die mummie
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Vandat sy 'n towerboek langs haar bed ontdek het, is Lillie dol oor towerkunsies. Maar soms word haar toordery 'n bangmaakspulletjie - byvoorbeeld toe sy haar skielik in 'n Egiptiese farao se grafkelder bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop die speelmuisie waarmee sy haar na die werk...
Lillie die heksie in die Wilde Weste
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste - plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Rowolwer-Lillie die inwoners van Bourbontown kan help om drie gesle...
Lillie die heksie se towerkaskenades
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... In hierdie boek toor Lillie regte-egte sprokiesfigure op. Wie sou kon raai watter uitwerking haar toordery op haar ouma se niksvermoedende woonstelbestuurder sou he!
Lillie die heksie word 'n speurder
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met 'n vergrootglas en 'n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer haar ma se fiets gesteel word, h...
Lillie die heksie en die wilde Indiaanavontuur
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... Lillie maak weer 'n heksesprong na die cowboydorp Bourbontown in die hoop om hierdie keer 'n paar Indiane te ontmoet. Maar in Bourbontown is alles nie pluis nie. Die ...
Lillie die heksie se sirkusbetowering
R 185.00
Hope pret met Lillie die heksie! Lillie toor baie graag vandat sy een oggend 'n towerboek langs haar bed ontdek het. Maar haar heksetoertjies het meestal onvoorspelbare gevolge.... Die sirkus is hier! Wanneer hulle ma met kaartjies vir die sirkus se galavertoning by die huis aankom, is Lillie en Leon baie opgewonde: Sondag kan nie gou genoeg aan...
Superheroes vlieg net saans
R 190.00
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is? Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Spaghetti tussen jou tone
R 190.00
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Haar naam is juffrou Zaan van Graan. En almal sê sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak! In hierdie splinternuwe skaterlagstorie uit die pen...