- Home
- Kinders: Onder 6 Jaar
- Age 6 - 8
Kinders: Onder 6 Jaar
Lekker saamlees Bybelstories en Jesus - Liedjies
R 120.00
Hierdie is 'n versameling Bybelstories wat gepaard gaan met 'n kosbare keur uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders.
Lekker saamlees - Sprokies en Speletjies
R 120.00
Gewilde sprokies en speletjies uit toeka se dae met gebare en bewegings wat dit prettig maak om op te se en selfs saam te speel.
Vrolike liedjies
R 120.00
Hierdie versameling van Afrikaanse volksmuisiek is ideaal om op die lamg pad, om die kampvuur of net vir die genot daarvan te sing.
Bybelstories Vir Kinders
R 295.00
Ontdek 29 van die mees geliefde Bybelstories met hierdie luukse versameling wat stories uit die Ou en Nuwe Testament insluit. Elke pragtige geillustreede storie word spesiaal vir kinders oorvertel. Dit maak hierdie boek die perfekte eeerste Bybel vir die hele gesin om te bewaar.
Ben en die Boelies
R 190.00
Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensiti...
Op die Plaas Emosiereeks: Karamel se bene bewe
R 130.00
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie. Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang. Die Op die plaas-emosiereeks bied ’n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil ...
Rommel die Ruimtehondjie
R 130.00
Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.
In die Kliptyd: Ek, Petoet
R 80.00
Petoet beland in die moeilikheid wanneer een van sy uitvindsels vir baba Nien in gevaar stel. Maar dis alles goed en wel, want sy weet presies na wie om te wys!
In die Kliptyd: Klipspeletjies
R 80.00
Die kliptyd is vervelig. Petoet, met die hulp van sy kleinboet Klippies, is vasberade om die beste speletjie ooit te ontwerp, maar hulle maak net 'n gemors daarvan. Sal Petoet 'n tikkie ruk en rol na die kliptyd kan bring?
Avonture Op Die Plaas Omnibus
R 275.00
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!
Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …
Avonture Op Die Plaas 7: Nuwe Maatjies
R 50.00
Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery…