- Home
- Kinders: Onder 6 Jaar
- Age 6 - 8
Kinders: Onder 6 Jaar

Op die Plaas Emosiereeks: Karamel se bene bewe
R 120.00
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie. Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang. Die Op die plaas-emosiereeks bied ’n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil ...

Rommel die Ruimtehondjie
R 130.00
Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

In die Kliptyd: Ek, Petoet
R 80.00
Petoet beland in die moeilikheid wanneer een van sy uitvindsels vir baba Nien in gevaar stel. Maar dis alles goed en wel, want sy weet presies na wie om te wys!

In die Kliptyd: Klipspeletjies
R 80.00
Die kliptyd is vervelig. Petoet, met die hulp van sy kleinboet Klippies, is vasberade om die beste speletjie ooit te ontwerp, maar hulle maak net 'n gemors daarvan. Sal Petoet 'n tikkie ruk en rol na die kliptyd kan bring?

Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
R 50.00
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net ? 'n ding doen: hulle wil ook vlieg… Sal hulle droom waar word?

Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...

Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!

Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…

Avonture Op Die Plaas 7: Nuwe Maatjies
R 50.00
Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery…

Avonture Op Die Plaas 3: Hansie Vlieg weg
R 50.00
Die lug is vol swaar, grys wolke en die wind waai woes. Daar's 'n storm op pad! Hansie die haas skuil onder 'n vlieër. Maar dít was dalk nie so 'n goeie plan nie. Die wind waai al hoe sterker ...

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …

Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!