- Home
- Kinders: Onder 6 Jaar
- Fiksie
Kinders: Onder 6 Jaar

Liewe Heksie Leesboek 1
R 195.00
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.

Avonture Op Die Plaas 7: Nuwe Maatjies
R 50.00
Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery…

Avonture Op Die Plaas 3: Hansie Vlieg weg
R 50.00
Die lug is vol swaar, grys wolke en die wind waai woes. Daar's 'n storm op pad! Hansie die haas skuil onder 'n vlieër. Maar dít was dalk nie so 'n goeie plan nie. Die wind waai al hoe sterker ...

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …

Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!