- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks

Stalmaats: Perdediewe
R 70.00
Anri kan nie wag nie vir die langnaweek wat voorlê nie. Sy en haar gesin gaan lekker in die Kaap kuier. Hulle gaan met die kabelkar tot op Tafelberg ry, die akwarium besoek en hope pret hê. Boonop stem haar ouers in dat Jacques mag saamkom. Dit beteken hy kan self gaan kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan.Maar dan lo...

Stalmaats: Perdespeurders
R 70.00
Die laaste week van die Desembervakansie het aangebreek. Anri, Megan en Karen kan nie wag om op Karen se tannie se plaas te gaan kuier nie. Tannie Alice boer met miniatuurperde en die meisies is opgewonde om die klein perdjies te leer ken. Iets is egter nie pluis op die plaas nie. Kort voor lank hou Anri en haar maats hul lyf speurder. Maar dan...

Stalmaats: Pretrit
R 70.00
Die skoolvakansie is om die draai. Anri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Nadine is ook lief vir perdy – en Anri kan nie wag om haar aan Megan en Karen voor te stel nie. Hulle gaan die vakansie hope pret by die ryskool hê, met ekstra rylesse en ’n spesiale Paaseier-soektog vir die Peace Shelter...

Stalmaats: Roset
R 70.00
Die groot dag het uiteindelik aangebreek - Anri gaan vir die eerste keer saam met Sugarplum aan 'n ruiterkompetisie deelneem! Maar iets geheimsinnig is by die kompetisie aan die gang ... Kos verdwyn links en regs, en Karen is vasbeslote om die dief te vang. Boonop is Vinette weer vas van plan om Anri-hulle 'n les te leer ...

Stalmaats: Seeponies
R 70.00
Dit gaan die lekkerste vakansie ooit wees! Tien luilekker dae by die see ... Sommer die eerste dag by Ankerpunt maak Anri en Megan ’n ongelooflike ontdekking ... Tussen die kranse bly ’n trop geheimsinnige wilde ponies. Maar die ponies gaan nie meer lank daar wees nie - tensy iemand vinnig ’n plan maak

Stalmaats: Stormnag
R 70.00
Anri kan nie glo Jacques het haar gevra om saam met hom na die Valentynsdans te gaan nie. Intussen is almal by die ryskool opgewonde omdat daar ’n vulletjie op pad is. Maar een stormagtige nag loop dinge verkeerd ... en Anri en Jacques moet blitsvinnig ’n plan maak.

Stalmaats: Totsiens Sugarplum
R 70.00
Anri se verjaarsdag is om die draai. Sy en haar twee Stalmaats vriende, Karen en Megan, beplan die beste verjaarsdagpartytjie ooit. Maar dan hoor Anri verskriklike nuus by Vinette... Gaan Sugarplum, aan die ongeskikte Benedictus Dippenaar verkoop word? Hoekom jok Jacques vir Anri? En gaan hierdie die aakligste verjaarsdag van Anri se hele lewe w...

Stalmaats: Waaghals
R 70.00
Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! ’n Hele langnaweek lank gaan Anri, Megan en Karen doen wat hulle die heel graagste doen – tyd in die buitelug deurbring saam met die perde. Boonop gaan hulle deur ’n wêreldbekende Olimpiese ruiter afgerig word. Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is ’n regte waaghals wat daa...

Stalmaats: Wegholrit
R 70.00
Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ...

Stap vir stap: Tel tot 100
R 160.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 100 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Stap vir stap: Tel tot 50
R 160.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 50 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Ster en die skugter vyf
R 220.00
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die an...

Ster Kykers: Gedigte vir Tieners
R 200.00
Skryf 'n liefdesbrief. Bemeester die kuns van hande vashou. Vuisstamp die lewe voluit. Lag soos die mense in advertensies. Raak onsigbaar. Twiet vir iemand 'n vers. 'n Bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners wat saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwerels te weerspieel.

Sterbelaaide Feiteboek oor die Ruimte, Die
R 150.00
Aanskou die geboorte van galaksies, koes vir ontploffende supernovas en systap die suigkrag van gravitasiekolke! In die sterbelaaide feiteboek oor die ruimte kan jy ons sonnestelsel, die diepruim, en ander uithoeke van die heelal soos 'n wafferse sterrekundige of ruimtevaarder verken. Vind honderde insteressante feite en talle asemrowende foto's...

Sterre vir die Donker
R 220.00
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil...

Stille waters
R 315.00
Hanna, ’n dinamiese en suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy’t haar eie besigheid, is gelukkig getroud en het twee kinders rondom wie sy haar besige lewe beplan. Maar toe sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die winkels by die huis opdaag, stort haar hele kaartehuis ineen. Sal sy in die maa...