- Home
- diskontobooks
- Nie-fiksie
diskontobooks
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker vir Later Plus!
R 120.00
Lekker Vir Later Plus is ’n allesomvattende kookboek oor bottel en bêre. Die boek bevat nie net konfyte en ingemaakte groente nie, maar sluit ook ander vorme van preservering in soos biltong, beskuit en vrugtekoeke – voorwaar die Suid-Afrikaanse A–Z van preservering. Die boek bevat Annette se persoonlike versameling resepte asook nuwe lekkernye ...
Liefde vir Bak, 'n
R 120.00
’n Liefde vir Bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd ’n vars nuwe uitkyk – in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies. Die boek dek ’n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte...
Liewe Grapste Grapboek
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Liewe Grapste Grapboek 2
R 75.00
Die eerste Afrikaanse grapboek saamgestel uit lesers se bydraes vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal nou ook ervaar dat lees pret en plesier kan wees.
Loop Lag-Lag deur die Wetenskapklas
R 150.00
27 Getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer! Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou! Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en ...
Maak Kennis Met: Getalle
R 40.00
Leer jou kleinding om van 1-20 te tel in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat 'n getal met mooi illustrasies en oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om getalle maklik te leer
Maak Kennis Met: Kleure
R 40.00
Leer jou kleinding alles van kleure in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om fyn detail waar te neem!
Maak Kennis Met: Vorms
R 50.00
Laat jou kleinding die verskillende vorms herken in hierdie pragtige, opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om vorms maklik te onthou met behulp van kleurvolle illustrasies
Maak Kennis Met: Woorde
R 40.00
Laat jou kleinding woorde herken in hierdie pragtige opvoedkundige boek. Elke bladsy bevat oulike aktiwiteite wat jou kleuter sal stimuleer om woorde maklik te onthou met behulp van kleurvolle illustrasies.
Maaltye: Maklike geregte vir elke geleentheid
R 435.00
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat gr...
Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...
Mariana se vier seisoene: Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel
R 160.00
Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke...
Marinda se kinderkombuis
R 315.00
Marinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperime...
Marinda se Koskas
R 320.00
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos". Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreem...