- Home
- Volwasse: Kookboeke
Volwasse: Kookboeke
Eet gesond, Voel goed
R 100.00
Hierdie gesaghebbende boek is daarop gemik om kankerlyers, hul versorgers en families op te lei en te bemagtig sodat hulle die kanker optimaal kan beveg met die regte voeding.
Kokkedoor 1: Resepte uit jou Gunsteling TV-Reeks
R 120.00
Kokkedoor was 'n eerste in Afrikaans: ’n realiteitstelevisiereeks met kosmaak as die middelpunt! En Kokkedoor, die kookboek, verskyn net betyds vir Kersfees. Die doel van die reeks was “om die heel beste kokke in Suid-Afrika op te spoor, wat nie net kan kook met herinnering en nostalgie nie, maar ook hartskos só kan aanbied dat ons dit met trots...
Eet Reg
R 80.00
Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker en gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond. Le...
Onthou Kos
R 60.00
Watter kos maak jou nostalgies? Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Wat sal jy jou ma vra om vir jou te maak as jy iets uit haar resepte kon kies? Kos wat lekker herinneringe oproep, hetsy of jou ma, ouma of iemand anders in die familie dit gemaak het. Atta Jantjies van Piketberg vertel dat haar kinders vra vir Appelkoosh...
Martelize Kook! Jy's genooi - Kookboek (RSG)
R 120.00
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiw...
Soetgoed
R 40.00
In Soetgoed bring Marlene van der Westhuizen bekende Kaapse staatmakers en heerlike ouwereldse smake uit die Franse platteland bymekaar. Die boek bevat net meer as 60 resepte vir nagereg wat ingedeel is volgens die seisoene. Hou die familie gelukkig met Griet se neuterige piesangbrood en Ouma Mollie se lemoenpoeding, of beindruk jou vriende met ...
Weg! Platteland Seisoenskos
R 120.00
Alle goeie kos begin by vars bestanddele en Seisoenskos was jou hoe om van lente, somer, herfs, en ja, ook winter, 'n okkasie te maak. Ruim tyd in om kos te maak en dit aan tafel met spesiale mense te geniet. 90 resepte - van voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte, bykosse, nageregte, gebak en drankies - maak dit maklik om die oorvlo...
Partytjies Is Pret 3 - vir Seuns en Meisies
R 80.00
Raad-op met jou kind se komende verjaardagpartytjie? Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 3 hope inspirasie: verbeeldingryke idees vir koeke, stap-vir-stap-instruksies, kreatiewe idees vir uitnodigings, prettige geskenkpakkies, soet en sout eetgoed, die heerlikste drinkgoed, iets vir elke smaak, ouderdom, en begroting. Hierdie...
Tuis Kos uit die Tuin
R 80.00
Kos uit die tuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, met plant- en oeswenke. Kos uit die tuin bevat 'n keur van Sonja Jor...
Nog 'n Voorskoot
R 120.00
Hierdie lekkerlees-kookboek is die tweede uit die pen van Herman Lensing, geliefde kosredakteur van Sarie. Dit is ingedeel in 10 hoofstukke, volgens Herman se gunsteling bestanddele: Appels en pere; Sitrus; Aartappels en patats; Uie en familie; Sampioene; Seekos; Hoender; Lam; Meel, Melk en eiers; en - natuurlik - Sjokolade. Die boek se kenmerk ...
Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2, Die
R 370.00
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die ...
Partytjies Is Pret 2
R 60.00
Deesdae behels ’n kinderpartytjie meer as net koek bak en ballonne opblaas. Jy stort baie tyd, liefde en geld in om dié dag ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Maar vir baie ma’s is die blote gedagte aan die reëlings en voorbereiding vir die partytjie vreesaanjaend. Gelukkig wys Partytjies is pret 2 jou hoe maklik dit is om ’n partytjie te h...
Huiskos (Herman Lensing)
R 450.00
Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek. Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie k...
Vinnig & maklik: Muffins, koek, kleinkoekies, skywe, teebrode
R 40.00
Bak is deel van elke Suid - Afrikaner se bestaan, maar die metodes moet aangepas word om by ons moderne leefwyse te pas. Dit is wat hierdie boek poog om te doen. Al die resepte in die boek is vinnig om voor te berei.
Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.
Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...