- Home
- Volwasse: Nie-Fiksie
- Weber Braaibybel
Weber Braaibybel
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.
Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.
As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!
Related Products
Beste van Eet vir Volgehoue Energie
Beste van Eet vir Volgehoue Energie
R 120.00
Gabi en Liesbet het die beste en gewildste resepte uit die Eet vir Volgehoue Energie reeks wat 4 titels insluit saamgestel vir elke dag se lekker eet. Die gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van gewilde geregte soos Lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees. Die volledige inleid...
Kook Met Blikkies en Pakkies
Kook Met Blikkies en Pakkies
R 120.00
Die topverkoper Kook met blikkies en pakkies het in 1997 vir die eerste keer verskyn. Vandag is dié gewilde staatmaker terug, volledig hersien en met ’n splinternuwe verpakking. ’n Kookboek spesiaal geskryf vir besige ma’s, haastige kokke en almal wat soms desperaat wonder wat om met die inhoud van hul kos- en yskas aan te vang! Vindingryke rese...
Soet en Sout Gebak vir Volgehoue Energie 1
R 80.00
Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann, die twee uiters bekwame dieetkundiges wat ook die medeskrywers was van Volgehoue energie vir kinders, plaas met Soet en Sout vir volgehoue energie die langverwagte kersie op die koek van enige partytjieboekversameling.
Volgehoue Energie vir Glutenvrye Eters
R 120.00
Volgehoue Energie Vir Glutenvrye Eters is die resultaat van die samewerking tussen een van Suid-Afrika se voorste dieetkundiges, Liesbet Delport, en haar voormalige pasiënt Sharon Alderson. Sharon moes herstel van ernstige siekte en sy en Liesbet het ’n reeks gesonde, lekker, lae GI glutenvrye resepte ontwikkel as ’n alternatief tot die gewoonl...
Huisgenoot Smulkos
Huisgenoot Smulkos
R 120.00
Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies ... Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies in uie-b...
Koffiebeker-koeke
Koffiebeker-koeke
R 70.00
Waarvoor wag jy? Bak sommer vandag nog 'n heerlike koffiebekerkoek!
Corli se Kombuis
Corli se Kombuis
R 150.00
Die Koekedoorwenner van 2016 gee haar/sy smaaklike gunstelingresepte onder die volgende hoofstukke: - Lank, lank gelede - Binne ’n uur - So ’n bietjie Frankryk - Kook saam met vriende - Suid-Afrikaans - Of maak dit jou eie … - Klein en fyn - Koek-en-tert-liefdes - Meesterstukke - Lekker vir oulaas. Heerlike resepte wat deeglik beproef is en ge...
Immergroen stories oor Plante
Immergroen stories oor Plante
R 120.00
Immergroen ontsluit die wondere en geheime van die plantwêreld in woorde en beelde. Dave Pepler se oupa, Boy le Roux, het hom reeds kleintyd in ’n kruiwa saamgestoot veld toe. In dié boek deel Pepler sy diep liefde vir plante van sy kinderjare tot nou. Hy vertel stories uit sy eie verlede, maar bring ook die kunste, ons land se geskiedenis en d...
Tydlose Eenskotteltreffers
Tydlose Eenskotteltreffers
R 120.00
Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en...
Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.
Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)
Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.