Volwasse
Woorde van Liefde vir Ma
R 95.00
Woorde van liefde vir Ma is ’n unieke kleinood wat die verhouding tussen ’n ma en haar kinders vier. Dit bevat inspirerende verse, bemoedigende aanhalings en prettige sinne wat kinders kan voltooi om hul eie boodskappe te skryf. Dié persoonlike geskenk is ideaal vir Moedersdag of enige ander dag van die jaar.
Okkasies
R 80.00
Okkasies moedig jou aan om van elke maaltyd ’n spesiale geleentheid te maak, al is dit ontbyt, middag- of aandete. Eerder as ontbyt op die gallop eet, middagete agter jou lessenaar of in die motor afsluk. Behalwe al die liplekker resepte verskaf die boek ook algemene inligting soos spyskaartbeplanning, tafelvoorbereiding, uitnodigings, plasing ...
Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...
Eet Reg
R 80.00
Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker en gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond. Le...
Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...
Partytjies Is Pret 3 - vir Seuns en Meisies
R 80.00
Raad-op met jou kind se komende verjaardagpartytjie? Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 3 hope inspirasie: verbeeldingryke idees vir koeke, stap-vir-stap-instruksies, kreatiewe idees vir uitnodigings, prettige geskenkpakkies, soet en sout eetgoed, die heerlikste drinkgoed, iets vir elke smaak, ouderdom, en begroting. Hierdie...
50 Van die Beste Volstruis Resepte
R 50.00
Volstruis het dieselfde smaak en tekstuur as beesvleis, maar met laer vet- en cholesterolvlakke is dit die perfekte maaltyd vir gesondheisbewustes wat tog 'n stukkie rooivleis wil geniet. Volstruisvleis is so veelsydig dat dit in enige vorm - van 'n sappige lendestuk tot maalvleis en wors - gekoop en voorberei kan word. 50 van die Beste Volstrui...
Handwerk vir die Huis
R 60.00
Ekstra tydjie op hande? Naweekontspanning nodig? Sit 'n tikkie kreatiewe flair in jou huis met hierdie wonderlike boek. Daar is verskeie projekte vir verskeie dele van jou huis bv. die patio en badkamer. Daar is stap-vir-stap aawysings en dit is baie maklik om te volg. Van die meer as 30 projekte vir elke vertrek, is daar: 'n etniese woonkamer, ...
Onthou Kos
R 60.00
Watter kos maak jou nostalgies? Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Wat sal jy jou ma vra om vir jou te maak as jy iets uit haar resepte kon kies? Kos wat lekker herinneringe oproep, hetsy of jou ma, ouma of iemand anders in die familie dit gemaak het. Atta Jantjies van Piketberg vertel dat haar kinders vra vir Appelkoosh...
Wyn: Die kyk-, ruik- en proegids vir almal
R 40.00
As jy ook soos menige wyndrinker gewonder het hoe jy nou eintlik 'n wyn moet waardeer, is hierdie gids vir jou. In eenvoudige taal verduidelik dit hoe 'n mens wyn aankoop, stoor, proe en beoordeel. Vereder bied die gids 'n verskeidenheid interessante feite oor wyn en die genieting daarvan.
Wildernis
R 150.00
Die Eerste Wereldoorlog gooi Sean Courtney en die skerpskutter Mark Anders se lot saam toe hulle in die loopgrawe in Frankryk ontmoet. In ’n ongerepte wildernis in Suid-Afrika bereik Mark se verterende liefde vir die eiesinnige Storm Courtney ’n hoogtepunt, terwyl sy bloedige stryd met Sean se vervreemde seun, Dirk, op die spits gedryf word. Wil...
Melodie Omnibus 2
R 80.00
Fransien de Swardt word betrek by 'n intrige van moord en ou geheime in Volbloedvrou vir 'n vaalseun. Kaptein Jans Jansen, die hoof-ondersoekbeampte, vergemaklik ook nie juis die situasie nie. Menantheau le Clerque se lewe verander toe sy vir Nick Bender ontmoet in ?Dis mooiweer en liefde?. En in My liefling is 'n wolkeman word Isabella de Wet s...
Prettige Koekies
R 40.00
Wil jy graag 'n pragtige temakoek vir jou kind se verjaardag maak, maar jy is nou nie juis 'n bobaas-bakker nie? Die koeke in Prettige koekies sal ouer- en kinderharte verbly, want die uiters indrukwekkende projekte vereis absoluut geen baktalent nie! Projekte soos 'n koekiekasteel, 'n seerowerskip, 'n meermin en 'n trein word stap vir stap gebo...
Veels Geluk Liewe Maatjie
R 140.00
Veels geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjie koeke in wat maklik met botter versiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer 'n verjaarsdagkoek self wil bak.
Palette: Recycling Projekte
R 210.00
Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep.
Kokkedoortjie
R 360.00
Kokkedoortjie is ’n kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ’n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ’n kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsba...