Products
Albertus die jakkalsie ... se verjaardagverrassing
R 50.00
Vandag is Albertus se verjaarsdag, maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie.Maar sonder 'n verjaarsdag ... sonder 'n koek ... sonder geskenke ... Hy begin nou wonder ... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie!
Albertus Die Jakkalsie: … By die See
R 50.00
Dis uiteindelik tyd om te vertrek!Die kar is gepak en die woonwa aangehaak. Die vakansie begin - die jakkalse is op pad see toe! Maar Albertus is 'n bietjie bekommerd ... Hoe kan 'n mens pret hê as jy ver van jou vriende af is?
Albertus Die Jakkalsie: … Gaan Skool Toe
R 50.00
Dis Hanno se eerste skooldag, en hy is 'n bietjie bang …Gelukkig is Albertus daar om hom gerus te stel en vir hom te vertel van al die lekker goed wat hy gaan leer. Hy gaan baie pret saam met sy nuwe maats hê!
Albertus Die Jakkalsie: … Om n Ouboet Te Wees
R 50.00
Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is Pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om ’n ouboet te wees nie.
Albertus Die Jakkalsie: … Op die Plaas
R 50.00
Vandag neem oupa Takbok vir Albertus en sy maatjies op 'n uitstappie!Hulle sien al die hele week na hierdie dag uit, maar hoe hard hulle ook al probeer om uit te vind waarheen hulle gaan, oupa Takbok hou dit 'n groot verrassing.
Albertus Die Jakkalsie: … Wil Nie Slaap Nie
R 50.00
Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie!O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie.Hy het 'n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras.
Aleit Apteit
R 380.00
AleitApteit is ’n boek gevul met stories van die geliefde Aleit Swanepoel. Kom reis en kook saam met hom met ongeveer 50 resepte uit sy pen. Die Sondagaand voor Aleit se afsterwe was hy volstoom aan die gang, besig om onder meer sy alombekende lamsboud gaar te maak. Die bestanddele is gekoop en die span was reg vir ’n week van kosmaak. Kom bele...
Alfa van Alfaville, Die
R 200.00
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ... Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend ...
Alfabet: Inkleurboek & Aktiwiteite
R 40.00
Versamel almal: Alfabet Syfers Raaisels
Altyd die verkeerde Man
R 40.00
Ebbie Basson se hart is gebreek; haar jarelange verhouding het pas verbrokkel. Daarom gryp sy die geleentheid aan om 'n gholflandgoed wat op Kransbaai aan die Weskus ontwikkel gaan word, te bemark en te verkoop. Want Ebbie is ’n eiendomsagent wat sterk voel oor bewaring. Die ontwikkelaar is die charismatiese Liam Murray en kort voor lank voel E...
Amok op 'n Besemstok (Julia Donaldson)
R 190.00
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal ...
Amok Op N Besemstok
R 150.00
Die heks het n kat en n puntige hoed. En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet. En soos hulle vlieg op die waai van die wind, kan jy Heksie hoor lag en katertjie spin.
Anderkant die blou
R 170.00
Lienke en Dezi se Kalkbaai-vakansie is vol verrassings. By die hotel ontmoet hulle vir Danroy, wat daar vakansiewerk doen. Saam met hom leer ken hulle al die mooiste plekke in die baai. Ook Danroy se "skwad", en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net...
Anderkant die Scrap
R 300.00
Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie "Familiefoto". Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal - Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant di...
Anna Atoom en die digitale draak
R 240.00
Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bek...
Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
R 185.00
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seero...