Products
My Storiekis
R 120.00 R 300.00
Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos ...
Nagmusiek
R 100.00
Is die grillerige stories oor Kamp Kiepersol waar? Kan party katte spoke sien? Wat doen die vreemde gedaante op stormnagte by Bitterwater se brug? Kan dit spook in ’n pophuis? Die sewe spokerige stories in hierdie boek sal jou lekker laat ril en gril!
Natuurlewe van Suider-Afrika
R 330.00
Hierdie gewilde veldgids tot die natuurlewe van Suider-Afrika, jare lank al ’n vertroude metgesel van natuurliefhebbers, is nou omvattend bygewerk. Dit bied beskrywings en akkurate illustrasies in volle kleur van meer as 2,000 plante en diere asook verspreidingskaarte vir die meeste groepe. Elke hoofstuk het sy eie kleurkode om naslaan te verg...
Net 'n bietjie dapper
R 205.00
Hansie is bang. Die wêreld daar buite is vol gevare. Maar sy beste maatjie is weg en hy moet haar gaan soek. As hy net ’n bietjie dapper kan wees . . . Net ’n bietjie dapper is ’n inspirerende storie wat wys dat ons almal veel dapperder is as wat ons dink.
Net aliens eet spinasie (2022)
R 175.00
'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie! Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illust...
Net die Oortjies van die Seekoei
R 200.00
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone. Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê...
Net nie 'n hond nie
R 160.00
Wim se verjaardag is om die draai … en hy weet presies wat hy wil hê! ’n Hond! Maar ongelukkig het sy ma en pa ander planne. Hulle reken ’n hond raas te veel, hulle mors te veel en hulle is te veel werk. So, wat gaan Wim vir sy verjaardag vra? ’n Elektriese kitaar? ’n Troetel-luislang? ’n Motorfiets? Of het hy dalk ’n ander slim plan om sy ma en...
Newman se Voels van Suider Afrika
R 330.00
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien,...
Nicole & Appelliefie Die Heel Beste Geskenk
R 100.00
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop.Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help om die gansie...
Nicole & Appelliefie Die Nuwe Maat
R 100.00
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbes...
Nie vir Ma's Nie: 'n Kookboek vir Pa's en Kinders
R 70.00
Met dié boek word ma’s tydelik uit die kombuis verban, want jou wederhelf en kinders beplan om jou te bederf met heerlike kos wat hulle self gemaak het. Nie vir Ma’s nie se resepte is maklik, beproef en het stap-vir-stap aanwysings wat enige groentjie gemaklik sal laat in die kombuis.
Nina en die crazy klere
R 210.00
"Geen speurdramas nie, hoor!" waarsku haar ma toe sy vir Nina en haar beste vriendin, Jessie by die Eksotiese Eksperimente Ekspo aflaai. Speurdramas? Wat kan dan nou verkeerd gaan by 'n ekspo waar daar hope opwindende nuwe wetensakplike uitvindings gaan wees? Boonop is hierdie ekspo die perfekte plek om meer te probeer uitvind oor Nina se swart-...
Nina-omnibus: Die awesome speurklub
R 305.00
Best friends Nina and Jessie find a black and red cap in an old chest. They soon realise it has magical powers that allow them to view the world through others' eyes. The intrepid duo use the cap to save their friends from three potential disasters: What, or who, is behind the sudden outbreak of head lice? What is the mystery ingredient in the n...
NLV Geskenkbybel Roesbruin
R 85.00
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. Gewilde NLV-teks 7,5 punt lettergrootte Dubbelkolom-uitleg
NLV Geskenkbybel Rooi en Swart
R 85.00
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. Gewilde NLV-teks 7,5 punt lettergrootte Dubbelkolom-uitleg
NLV Geskenkbybel Seeblou
R 85.00
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. Gewilde NLV-teks 7,5 punt lettergrootte Dubbelkolom-uitleg