Products
Meisies kan enige iets doen
R 80.00
Meisies is oral. Net waar jy kyk,is meisies wat almal verskillend lyk.Hulle verstom en verras ons.Hulle maak ’n verskil.En meisies kan enige ietsdoen wat hul wil!Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polis...
Mejuffrou Muis en haar lieflike huis
R 85.00
Mejuffrou Muis en Rosalien soek deesdae vir 'n vale en baie, baie weke lank na 'n huis wat staan op pale, een waar ander muise bly: muisehuise op 'n ry. Toe sy oplaas 'n huisie kry, was sy tog ontevrede: Die kamers staan dan almal leeg. Ja - dit was wel die rede.
Mejuffrou Muis kry Muisies
R 85.00
Mejuffrou Muis is vrolik, geen oomblik voel sy olik. En wat's die rede? Hoekom dan? Sy woon saam met haar dokterman en oor 'n dag of ag kry sy 'n mollige klein muisie by.
Mejuffrou Muis op die Krukkelys
R 85.00
Mejuffrou Muis skrik haar half pap: Sy't net-net aan die dood ontsnap. Nou voel sy uitgeput en swak, haar stert se punt is erg geknak. Sy't in 'n muisval vasgeloop. Die hospitaal bring dalkies hoop.
Meneer De Beer se Soete Droom
R 90.00
Meneer de Beer is mal oor heuning. Wanneer jy hom soek, is hy maar op die heuningplaas. Tot op 'n dag … Die heuningplaas trek. Sonder sy heuningplaas bly daar niks vir hom in die lewe oor nie. Hy pak sy goedjies en trek ook…
Meneer Klaasneus Se Reusagtige Vriend (Aktiwiteitsboek)
R 50.00
Vroee kinderopvoeding vereis produkte van hoe gehalte om hierdie belangrike veld aan te spreek. David du Plessis, outeur van Meneer Klaasneus se reusagtige vriend – ’n aangrypende slaaptydstorie oor avontuur en gelukkige eindes – het ’n aktiwiteitsboek voortgebring wat saam met die storieboek, of as ’n afsonderlike projek vir jong leerders gebru...
Mensgemaakte Wonders van Afrika
Mensgemaakte Wonders van Afrika
R 100.00
In hierdie boek van Dawid van Lill val die kollig op die meer as 1 miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk. • ’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika • van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke • ingenieurswonders soos ...
Merlyn die Seemannetjie Oudioboek
R 100.00
Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is 'n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokke...
Mia en Al die Niggies
R 70.00
Vroeg, vroeg skyn die son Mia wakker. “Dit gaan 'n wonderlike dag wees!” dink die lieweheersbesie met die vyf kolletjies. As sy maar net kon weet …! Pippie nooi vir Mia om te kom oorslaap. Maar Mia het nie besef dat al Pippie se niggies ook daar gaan wees nie!
Mia en die Piekniek
R 70.00
Dis 'n lieflike sonskyndag. "Kom ons gaan hou piekniek," stel Mia voor! "Wat 'n goeie plan" sê Pippie...
Mia Help Pippie Vlieg
R 70.00
Mia en Pippie is uitgestrek op die gras. Hulle kyk na die wolke. Dan se Pippie: “Ek sou so graag wou vlieg …” Sy besluit om 'n vliegtuig te bou. Maar dinge loop lelik skeef …
Mia is Verveeld
R 70.00
Mia is nie 'n gewone lieweheersbesie nie. O, nee, sy’t net vyf kolletjies op haar ruggie! Mamma is bekommerd en laat Mia liewer by die huis in die bed bly. Maar Mia raak gou verveeld …
Middernagfees
R 240.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Middernagklub
R 160.00
Witbaadjies. Dit is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nie op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Van uitslip en reels breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avont...
Mieke 1: Kersfees in April
R 205.00
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en...
Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
R 205.00
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, sove...