Products
Magriet hou konsert
R 65.00
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg...
Magriet se eierbesigheid
R 65.00
In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam 'n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag 'n eier en so word “Lê-'n-eier†gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...
Maltrap
R 140.00
Maak jou sitplekgordel vas vir ’n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op ’n dag ontdek hy en sy pa die wrak van ’n ou monsterbakkie in ’n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak … en dit is die begin van ’n maltrap-avontuur!
Manjifieke Mier
R 160.00
ʼn Klein mier vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel dat ander nie op hulle voorkoms beoordeel moet word nie. Die tyd vir die bos se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die bos is daar ʼn nuwe deelnemer – ʼn klein mier. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?
Marinda se kinderkombuis
R 315.00
Marinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperime...
Maroelaboomstories
R 300.00
Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale ne...
Max die dapper Gorilla
R 190.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoe...
Max die Masjien
R 200.00
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het s...
Maya se Musketier
R 230.00
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie - en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en...
Meer as 1000 Fantastiese Feite
R 150.00
Hierdie boek sal jou slimmer maak, en dis 'n feit! Trouens, dis 1204 feite wat wemel met honderde illustrasies, foto's en spotprente - om nie te praat van die lekker vasvrae en aktiwiteite nie! Vind alles uit wat jy nog ooit wou weet van: Die ruimte Die weer Ontdekkers Gladiators Ons planeet Jou liggaam Antieke beskawings Ridders en Kastele O...
Meer as 1000 Fantastiese wetenskap feite
R 150.00
Word so slim soos Einstein met 1141 interessante feite oor die wêreld van wetenskap! Ryklik geïllustreer met honderde sketse en foto's en spotprente - om nie te praat van die lekker vasvrae en aktiwiteite nie! Vind alles uit wat jy nog ooit wou weet oor: Jou liggaam Uitvindings Sterrekunde Lugvaat Beroemde wetenskaplikes Ruimteverkenning Diere...
Meisie met 21 Vrae
R 160.00
Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?” “Wanneer?” “Hoe?” “Wat?” “Wie?” Toe almal moeg word vir haar vrae, besluit sy om die antwoorde iewers anders te gaan soek – in boeke! En kort voor lank begin sy haar eie stories vertel. Eendag was daar ’n meisie wat vreeslik graag vrae gevra het. “Waarom?” “Waar?”...
Meisie met uitroeptekens in haar oë, Die
R 200.00
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale i...
Meisie met Vlerke
R 220.00
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink d...
Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin, Die
R 190.00
’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water…Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie...